Jongste aktiwiteit:

Woordspatsels: Die seun in die grootmens-stewels

Die verkeerslig waarsku en my bande stol gehoorsaam.
Plakkate en halwe bokse skree om hulp en pleit vir my
genade. Ek vroetel en kyk ongemaklik weg…
(Wanneer moes hy sy blokkieskombers propvol liefde
verruil vir ‘n goiingsak vol gate?) Hy staan armsalig,
aangepak deur stof en moegheid en almal se vuilkyke.
(Hoeveel weeg mensewaarde vandag?) Langs my venster
staan die seun in die grootmens-stewels met ‘n siel en
‘n maag wat leeg is. (My hart en my gewete is nie veel
beter af nie.) Daar loop lyne oor sy gesig, wat nooit by ‘n
glimlag sal uitkom nie. Ek sug…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed