Jongste aktiwiteit:

AANDAG ALLE LEDE: BELANGRIKE INLIGTING

Ek rig ‘n DRINGENDE versoek aan alle lede wat aan die KRIT/OPLEIDING deelneem.
Vir hierdie stelsel om behoorlik en geslaagd te funksioneer is daar BELANGRIKE oorwegings waarvan kennis geneem behoort te word vir hierdie diens om ‘n suksesvolle en voordelige bydrae te lewer tot u skrywerservaring.
Lede wat van hierdie diens gebruik maak MOET:
1. SLEGS EEN inskrywing per lid per week
2. Indien daar op u plasing voorstelle gemaak word, verwag ek dat u ten minste daaroor sal korrespondeer, en nie noodwendig van alle voorstelle gebruik te maak nie, maar dat ons interaktief sal verkeer.
3. Ek is besig met baie ander verpligtinge, en alhoewel ek dit vreeslik baie geniet om saam skrywers om hul werk te verkeer, is dit eerstens onregverdig en tweedens ‘n vermorsing van tyd en inspanning as u as lid nie gehoor gee op die krit en kommentaar nie.
4. Ek moet erken, daar is lede wat gereeld deelneem en met my korrespondeer oor en om hul werk, en daarom, sou hierdie skrywe nie op u van toespassing is nie, ignoreer dit asseblief.
5. Die maklikste manier vir my (en vir u) om kontrole te hou oor terugvoer en kommentaar is deur eerder ‘n direkte inboks boodskap te stuur. Ek het nie altyd tyd om terug te gaan en elke vers weer na te spoor om te sien of lede daarop gereageer het nie.

Baie dankie vir julle samewerking.
Met die grootste respek
Skryfgroete
IM




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed