Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
Selfs nóú dat jy weg is
… sal olifante – swaar van voet – steeds teen rante en oor vlaktes loop, en sal hul sagte hout en purper bas van kaaltaak kremetarte stroop. … sal ‘n kolgans vlug deur skemer lig en kwêlaswerms oor die water vee. ‘n Grootlangtoon sal weer sirkels vlieg, die kiewiet (dalk) ‘n bietjie harder skree. … […]
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 15
HOOFSTUK 15 Net na daglig bereik die tromme geraas Raba se fyn ore. Hy hou dadelik op roei en beduie Andries moet ook ophou roei dat hy kan luister. Na n rukkie glimlag hy en wend hom tot Andries: “Daardie twee skote het omtrent die helfte van Pirri se stat verwoes soos vonke nog hutte […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 3
HOOFSTUK 3 Dit is n lighartige Laurika wat die Maandag in haar motor klim om werk toe te ry. Sy glo dat sy en Stefan die naweek dinge uitgepraat het en dat dit nou net kan goed gaan vorentoe in hulle huwelik. Hy het ook ingestem dat hulle dadelik met n gesin kan begin. Toe […]
Pieter se storie
Pieter is ‘n ou jong kerel wat sy lewe lank na sy ma se pype gedans het. Totdat hy besluit het dis verby
Noudat jy weg is
sal olifante – swaar van voet – steeds teen rante en oor vlaktes loop, sal hul purper bas en sagte hout van kaaltak kremetarte stroop. Langs die waters van die groot rivier sal koorsboomstamme immer groen. Mopanieblare sal tot roes kom soos dit maar elke winter doen. Die reier en die ooievaar sal nog visse […]
‘n Tyd en ‘n doel
Suis stil die geruis van die boom sag en strelend in my ore wanneer die skemer spoel oor ‘n lente droom Proe reeds die onkeerbaar soet in die bries van die wind en ek ruik die bloeisels in die vroeë oggend uur Soos seisoene draai in die heelal se sterreskyn trek die wingerde groen mantels […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]