Goudstad – Egoli – Stad van Goud
soos goud in die mond dou voor dag kom ‘n stad in beweging en oproering blink die oggendson plek plek deur met geskarrel op sypaadjies elkeen oppad na hule bestemming groot triomfeer gebou op gebou doolhof van gange en stegies slaan die koue deur om elke hoek gemaklik kom almal oor die weg maar iewers […]
As ek moes kies
twee prag meisiekinders is aan my hart gekoppel in die jare van die tagtigs aan hulle het ek my gewei elke dag van ons bestaan deur dik en dun my hartewens gevul met die grootste liefde van kinderlaggie ondeund en tienerjare “lady like” “name brand”was hul “getag” met groepsdruk aan die orde voet by stuk […]
Vergeet ou skooldae nooit as te nimmer
soggens vroeg onthou ek was dit ‘n geskarrel want skool toe moes ons stap en ma maak gereed met lekker kospakkies en pap vinnig sluk ons die pap want die skool kan nie wag wonder altyd wat in ma se gemoed gaan wanneer ons daar uitstap want lief het sy ons gehad met ‘n stappie […]
Jou oë was waterblouerig.
Ek onthou steeds die eerste dag wat ek in jou oë gekyk het dit voel so lank terug dit is so lank terug ek onthou nog hoe jy eers gehuiwer het en toe met my gepraat het hoe jou oë seer was maar jou mond geglimlag het. Ek wens ek kon jou weer sien.
Verbeterde denkwyse
Hierdie jaar gaan ek nie dat klein dingetjies my ontstel ek gaan my emosies beheer en my hart gee wat hy begeer Ek wil oor probleme uitkyk my lewe nie met ander vergelyk wil nie ‘n lied sing van die koue of ‘n bang een van woestyne My denkwyse my wese vul met ‘n veld […]
My nuwe dagboek
Dit het die regte formaat vir belydenisse en dis omgewe met geheimsinnigheid romantiek, sensasie en ja selfs ‘n beduidenis van verveligheid Soms is dit ‘n herhaling van daaglikse gebeure of net ‘n tergende gedagte roekeloos en opstandig En dan is daar die klimaat wat ook boeiende skryfstof kan wees dis ‘n bontgenoot of medepligtige ‘n […]
Menswaardigheid
grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul jou genader party met ‘n […]
God se blou
in die songloed van laatmiddag skemering vorm wolke die nagtelike kombers oor koel waterstroom wat blink in die sonsondergang se laaste sien troon die silhoeëte van palmbome in die donker skadu tussen naggeluide word ek weggevoer in gedagtes om die bloue hemel God se “blou” weet ek iewers in die woord word God se “blou”beskryf […]
Klawerbord en die liefde
saggies hoor ek die klawerbord in die agtergrond gespeel deur die een wat my die grootste vreugde bring maar hier diep binne in my lê daar ‘n leegte soos min want groot is die liefde tussen my en hom maar ‘n verskriklike alleenheid pak my beet want waar eens ‘n tere familie band was van […]
da ja da tie
vader van die wind ook vader van die see maak golwe briesend kwaad maar soms kalm soos ‘n meer dieselfde vader van die land maak hoë berge imposant woud wat groei en blom wuiwende grasveld koel bergstrome water wat ook see toe spoel daar is net éen dit weet ek ©Teárlach