Goudstad – Egoli – Stad van Goud
soos goud in die mond dou voor dag
kom ‘n stad in beweging en oproering
blink die oggendson plek plek deur
met geskarrel op sypaadjies elkeen
oppad na hule bestemming
groot triomfeer gebou op gebou
doolhof van gange en stegies
slaan die koue deur om elke hoek
gemaklik kom almal oor die weg
maar iewers word die onheil verskans
swoeg en sweet is getap oral oor
skielike gebeurtenisse begin noustrop trek
die millenium jare se vooruitsigte
veelvuldige arbeiders vertrap
‘n nuwe era aan bewind met skokkende gevolge
dominerende voortploetend
sonder grasie alles aan skerwe
onbaatsigtige voorsienings deur smeltkroes gebind
verwoestende afvalligheid eens die room van goud
verplettering in moorde ‘n volk uitmekaar geskeur
waar vrede en liefde in een groot boek skuil
ons Vader van alle tye aan kom
begin ons opnuut oorloop van vreugde
want ‘n land van melk en heuning ons belowe
‘n Nuwe Jerusalem
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.