FLENTERJAS
FLENTERJAS soos ek versliert deur reën voortbeur veilig in my verflenterde jas ‘n jas geletsel, geblerts met kleur gedagtes soos knope wat soms nie pas my jas wat skaars my trane weg steek plek-plek lap-lap en bont gestop ‘n storie wat van vele myle spreek blink gestryk en bleik geskrop maar […]
WAT AS
WAT AS elkeen kies ander beitel niemand se verwysing eenders kerf sy eie merke in die muur bepaal die diepte en die gradiënt wag dan vir die lig se strale om asem deur die gleuwe van die reliëf te gooi om elke oog en hart te vul tot dit oorloop en verklank dit in ‘n […]
‘n Gat met ‘n Nota op
Ek draai jou versigtig toe in ‘n sagte snoesige kombers wat ruik na blueberry cheesecake roomys ek draai jou toe en begrawe die gedagte aan jou in ‘n warm gat waar jy vir altyd sal bly ‘n gat in my hart die gat wat jy gemaak het en ek sit ‘n nota op na die […]
hotel – stoep
donker oor die see vragboot ligte wink sundowner geskink misbanke verkleë uitspansel skitter sterrekykers geniet arme dronk-verdriet hotel stoep glinster oor die baai glinster ligte van dorpies verder noord filosowe dink vergesigte ©Teárlach
ukubulala amasimu
ritmiese gedril moordadige-bende met rooi geskende stokke wat tril uniforme stap-pe kyk net toe en lag hoe regte verkrag lag saam grap-pe ukudubula umhlophe sesaba umuntu omhlophe unkulunkulu usize umhlophe ©Teárlach ( Killing fields : We fear and kill those that God care for)
Ek mag wens
Soms knak die wind al ‘n boom se takke dat selfs die lig wat deur die blare skyn nie kan skuiling vind Die lewe steel soms al jou drome maar wie is die mens sonder die belofte van mŏre want ‘n stukkie van gister leef in vandag se wens Vandag is geloof vandag is vertroue […]
Sleutel tot my hart
Sleutel tot my hart Wanneer my lippe nie meer kan fluister my oë nie meer kan praat neem dan die sleutel en sluit oop die woorde van my hart en as die glimlag op my lippe nie meer die seer in my oë verberg luister dan na my onuitgesproke woord wat vir akseptering veg want […]
Geesgevulde vrugte!
Die saad van die siel is die vrug van die gees in die wil wanneer jy klein as mens ‘n reus in God is deur genade hang die vrug van die gees ryp aan takke dis jou eer en jou voorreg ‘n seën vermom in die wrang van vrugbaarheid wat Hy binne jou lewe gee […]
Die man in blou
Om middernag beier die klokke en musiek dryf deur die stil gange van die hospitaal. Slapende pasiënte word wakker wanneer ’n figuur in blou stadig by die gange af loop, ’n silwer fluit teen sy lippe gedruk. Om hom gaan die verpleegsters en dokters met hulle werk voort en merk nie die musiek of die […]
Tafereel
Het ek my net die prent verbeel: Die gloeilamp wat die nag verdeel – in skadu wat die haard* omring en oor die stoep, ‘n geelligkring. Wit mure en ‘n dak van sink wat vaal’rig in die sterlig blink, gordyne agter skemer ruite, ‘n sekelmaan aant wieg daarbuite. Die wind wat deur die bome ruis […]