Suid-Afrika se treurlied
o, treurig steun Suid-Afrika gebuk onder die dodelike songloed waar die son lag soos die dood jaag al die waterwolke weg stuur hulle in ‘n ander rigting waar daar genoeg groen is arme dam probeer sy bes om sy uitgedroogde lande te voorsien hoe lank moet Suid-Afrika nog verduur? haar grondmond gebars van droogte haar […]
Bekende dokter laat ‘n bloedspoor deur Lynelle Clark
Sleepvoetend stap hy teen die helling af. Die bebloede byl sleep agterna en los ‘n donker streep op die pad. Die laaste uur se gebeure het hom uitgeput maar tog voel hy vars. Sy verstand helder en sy oë dwaal oor die bekende landskap. Soekend. Dan gewaar hy ‘n minibus ‘n meter van hom af. […]
anatema
vervloek is jy met die witvel voetsek uit afrika met jou luide geskel en trompetgeskal motorfietse wat brul en rook voetsek jy wat alles kom omkrap dansende zombi gesigte staar weg is jy wat God hier beskerm brandende vuilgoed en bande voetsek witman en jou kind brullende barbaarse gesigte weg is jy wat ons soos […]
My ewige son
Ek het vir jou ‘n brief geskryf al die vrae uit my hart gedryf knip my oë teen die sagte aand … Die boodskap het in die niet verdwyn vul my konstante gewonder jy kry my telkens onder niemand se hart is net vol sonskyn Daar buite iewers tussen al die spore slinger ek nugter […]
AANDAG alle lede en besoekers
Ons vra u geduld asb . . . Die webwerf is in die week opgradeer en daar is n paar dinge wat nie in plek wil val op die oomblik nie, dus is die webwerf na Engels geskuif sodat die webmeester die foute kan opspoor en regstel. Sodra ons al die dinge in plek het […]
SEER SONDER NAAM
SEER SONDER NAAM hoe kry ‘n doodgewone mens dit reg om sadisties sonder aarsel sy naaste te verswanger met generfde nyd met drifsels dood – en sonder berou die besigheid te bebroei tot onverwags ‘n misgebore drel-gewete dié se pad versper tot tussen God en mens ‘n kloof uitbars bitterheid onstuimig soos ‘n soutsuur stroom […]
Blom waar jy geplant is
Jou anker lê diep onder die grond begrawe ‘n eindelose bestaan waar trane verdrink en die omvang van verwoesting verstaan stille waters diepe grond onder lê jou duiwels en luister na gedagtes wat teister die noodlot staan bak hand en vergryp homself tot die donkerte jou oorheers onbeskaamd gestroop van waardigheid kom alles tot stilstand […]
Gedempte Seer
stil en alleen op sy eie manier oordink hy die seer binne hom geen meer gevoel sy hart basuin dit uit as ek kon, sou ek anders wou wees die seerkry van jare in ‘n verkeerde sisteem van wereldse eise afgedwing het sy tol geëis oorlog was gemaak en ‘n siel is geknou later jare […]
Liefde
liefde nimmer eindig die woord liefde op elkeen se tong maar o, wee hou dit regtig want soveel seer kry ons by baie liefde in soveel maniere liefde op ‘n skinkbord en soveel griewe bedink ek en wonder ek soveel keer die mening met liefhê in vrede liefde in ‘n glimlag en oë liefde in […]
Die Jaar 2017
die tydsduur van nog ‘n jaar ses daggies verder en 2018 is hier vir beter het almal gebid vir ons land maar end uit nog geen verbetering nie droogte het ons beleef en tog is ons daar deur hongerte het ingetree en gesorg het God beslis almal stap ‘n stywe pad aan finansies heelwat sit […]