Ek mag wens
Soms knak die wind
al ‘n boom se takke
dat selfs die lig wat deur die blare skyn
nie kan skuiling vind
Die lewe steel soms al jou drome
maar wie is die mens
sonder die belofte van mŏre
want ‘n stukkie van gister leef in vandag se wens
Vandag is geloof
vandag is vertroue
vandag is vrede
vandag is nuut
3 Kommentare
-

Somerreën
As ons nie wense het nie, wat lê oor vir vandag en die toekoms, pragtige gedig die.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek