Sleutel tot my hart
Sleutel tot my hart
Wanneer my lippe
nie meer kan fluister
my oë
nie meer kan praat
neem dan die sleutel
en sluit oop die woorde
van my hart
en as die glimlag
op my lippe
nie meer die seer
in my oë verberg
luister dan
na my onuitgesproke woord
wat vir akseptering veg
want –
so oud soos oer
roep elke siel
na die sipier van die hart
in wie se sfeer
jy met gemak vryval
wat verswyging hoor
en klanklose hartswoorde verstaan
©PcV
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
"en klanklose hartswoorde verstaan".....so baie sê die einde van jou gedig, alles vasgevang in die sin, ek hou van jou gedig.