Geesgevulde vrugte!
Die saad van die siel
is die vrug
van die gees
in die wil
wanneer jy klein as mens
‘n reus in God is
deur genade
hang die vrug
van die gees
ryp aan takke
dis jou eer en jou voorreg
‘n seën vermom in die wrang
van vrugbaarheid
wat Hy binne jou
lewe gee
pluk die vrugte
laat die rypheid
in Sy oordeel
die guns van gawe
voed
en gee dit weg
vir die’s wat smag
na die soet
diegene wat honger is
vir die vrug
van Sy gees
beskud
sal Hy jou
kaal takke snoei
gereed kry
vir ‘n nuwe seisoen
sodat jou vrugbaarheid
kan bloei in harte
sodat die opbrengs
van Sy dierbare oes
kan voortspruit
sodat Sy afstammelinge
kan voortleef
en vrugte dra
al die dae van hul lewens.
Chantelle Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.