
WAT AS
WAT AS
elkeen kies ander beitel
niemand se verwysing eenders
kerf sy eie merke in die muur
bepaal die diepte en die gradiënt
wag dan vir die lig se strale
om asem deur die gleuwe
van die reliëf te gooi
om elke oog en hart te vul
tot dit oorloop en verklank
dit in ‘n koor van vele stemme druis
en later onvermydelik manifesteer
in ‘n hoog gebalde vuis
wat as
die beitel liefde was
die lig die Gees van God
dan sou die kunswerk anders lyk
dan sou dit pietà e misericordia heet
© Barbara Smit – 16/01/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.