getuig
golwe breek woes om my rukkende wind raak beserk haal strepe oor die turkoois see brandertoppe strooi skuim oor alles my duin lê effens verstrooid een kant vlieënde sandkorrels soos stekende bye plat op die sand, met knieë gebuig sit ek my stil lyf in nederige kromme houding terwyl my siel hoog sweef in storm […]
SAL ONS DANS
SAL ONS DANS Nou kyk – jy kan my in ‘n wip vang met dans; al van kleintyd al af! Ek was net vir Liewe Jesus liewer as vir dans. Dans was soos om met jou voete to bid; soos vreeslik baie liefhê; soos asem en lewe. Soos die vuur in my Hero se oë. […]
VANDAG VETSIT EK NET WOLKE
VANDAG VERSIT EK NET WOLKE Gegroet… My naam is Laika; koningin van Faikonta. Ek het ‘n versoek uit Grootmensland gekry om so ‘n tiekie se bietjie te gesels oor wolke…. Nou – volgens koninklike wet word geen grootmens in Faikonta toegelaat (of enige inligting oorgedra) as daar nie ‘n afdruk van sy of haar hart […]
Slot
Stomp, die dolk wat klief deur die rou wond van ‘n gekweste siel draai, dryf, druk dieper die lem tot waar etter vlak onder ou letsel lê. Sweersels verwyt verswelg die lug met beskuldiging. Die jy en jy; die ek se pyn – Joune en myne! Eindelaas hang slap hande langs ‘n lam lyf, en […]
My Gebed Vir Jou
Ek bid vir jou… ‘n bietjie sonskyn op ‘n reëndag, ‘n druppel vreugde vir jou pyn. Ek bid vir jou… ‘n lepel vol van liefde om die hartseer weg te weer, ‘n skeppie vol van vriendskap om die eensaamheid te keer. Ek bid vir jou… ‘n hoëveld donderstorm om jou aarde nat te lei, ‘n […]
OUJAAR KRY SY LÊ
En so, sommer so half suutjies, het Oujaar sy lê gekry. G’n mens het dit sien kom nie, maar ewe skielik is dit soos ‘n stokou man wat sonder asem en blus is. Hoe op aarde? Dit kan mos nie wees nie, kan dit? Dit was maar anderdag wat hy soos ‘n jong kalf gebokspring […]
(arm)beurs
waar hy sit in hul sitkamer geselskap vloeiende musiek sweef sy gedagtes alleen oor alles wat hulle sê heen gedagtes van toe sy klein was regte klein vlinder was sy toe geel hare wat waai in die wind rabbedoe van die blou berge lae note sware klanke weerklink oor ore wat minder waarneem as ligte […]
Van Metaal en Vlees
Harte word geweef van metaal en vlees gloeiend soos die koperson koud soos die winterwind. Party saai met goud en maai net as, maar selfs uit ‘n hart van klip val ‘n druppel bloed. Soms draai die somerson na die ysterwind en verander vlees in blinkmetaal en so word die oerverhaal weer en weer herhaal. […]