ou kerkie (ode)
onthou jy nog die ou kerkie waar hy op die heuwel staan met sy regop toring as baken vir die boere wat soontoe gaan onthou jy nog die manelpakke wat ouderlinge en dominee dra en boere met hul beste kispakke en tannies met kappies so fraai onthou jy nog hoe die balke bewe as dominees […]
Liefde in jou hart
Die beste geskenk wat jy ooit kan gee, is jou tyd… ek sal jou liefhê vir altyd vir jou sal ek nooit weggee Liefde is ek en jy wat vir altyd vir mekaar sal veg liefde is mos wat jy sê vir my en alles voel net reg Soos die hart van die see soos […]
duinetaal
skeerbekwindjie sny luid skerm om hoekies en warrel fisante grou gaatjies agter uintjies meeue sweef triesterig mismoedig wit flos waai van golwe af in mis my hart roep luid na genade genade oor ons land se gewetenlose barbarisme dan verstil hy oor die stink wind wat oor die duine lê van karakterskending van ons eie […]
Klong (Hoofstuk Twee) ©Eduard Smith
Die motorligte trek lang strepe deur die bome onder op die plaaspad. Dreyer trek homself op in die kampstoel en gooi nog ‘n stapeltjie hout op die vuur. Sy oë volg die ligte wat vinnig nader kom. “Wie ry hierdie tyd van die aand op die plaas rond?” dink hy. Hy luister of die dreuning […]
‘n Ploegplek onteien (©Eduard Smith)
Die dal dooie agtergrond maak spasies plat-gelyk waar jy eens op tyd en mooi geplant het; koring vir ‘n snytjie brood en dadels vir Sondag se oorsoet dessert. Nou maai ons in stof wat die wegbly-reën soos ou meel laat opslaan het. Die muis is vol en die kaas is bitter, die aanbieding kwint; jy […]
beelde
oor die grysblou van die see staan daar hoë misbanke op met allerhande windpatrone selfs die golwe lê rustig stil asof dit na wolk-beelde kyk op my duin is geen beelde sweef my siel oor eeue heen sien hy oom paul se ou beeld waar dit voor die stasie staan drie eeue het dit hom […]
Manie se Tin Lizzie
Manus skud sy kop. Laat dit nou vir hom ‘n dure les wees om ‘n vrou agter die stuur van jou nuwe Model T Ford toe te laat. Hulle was laat vir die kerkdiens en Sera het stange gevat. Hoe meer hy skree “stadig vrou” hoe vinniger ry Sera. Teen 45 myl per uur jaag […]
Sommer net woorde
Ĕrens onder die bosveldmaan eggo onhoorbaar die stilte my oë dwaal op na die maan en ek stuur klankloos ‘n boodskap na hom Ek lê my siel oop voor jou sonder verweer in hierdie doodse stilte tussen hier en daar se swerf Verstaan jy die woorde die nuanse van my hart? verstaan jy die kra’kies […]
Klong (Hoofstuk Een) deur Eduard Smith
Hoofstuk Een Die stilte is sy skild; ‘n kletter in die vlamme is die enigste musiek en die lig teen ‘n donker bosveld aand. Gerygde stewels aan sy voete, aangestoot teen die hitte om die geniepsigheid in die lug te weerstaan. Sy gedagtes lek soos die vlamme in helder oranjes en flietende blou…bipolêr, op en […]
Vir jou skryf ek ’n veldblomvers
Vir jóú skryf ek ’n veldblomvers al sou rose pienk en jakarandas pers – ék skryf vir jou ’n veldblomvers van aalwyn wat voor ’n krans lemoen nes dit elke jaar in die Boland doen kyk, die suikerkan speld heldergeel naas mimetesblad wat met die rooi kleur speel; langs ’n restio, teen die berg se […]