Jou liefde is huis
in my hart lê versuikerde drome deur leuens versuur sag soos satyn het jy my trane afgedroog jou omgee marshmallow my hart “I love you without knowing how, Or when, or from where” jy’t die suur met jou sout kom versoet ons beloftes was soet soos strooisuiker toe lewe se bitter ons laat verstik dankie […]
Verwerpte kranksinnige
in muf verlate verrotte gange van Gotiese gestig lê die stille hulpkreet van onheil en gruweldade koue leë kamers ween hartverskeurend saam vrees verkramp jou hart laat jou bloed in jou are stol die beelde speel soos ‘n riller voor my geestesoog af die elektriese skokke wat deur hul liggame ruk om die geraas in […]
Blootgestel
Blootgestel Ek wou vir jou ‘n brief skryf met die kontoere van my lyf en vir jou met ‘n lied besing en liefdesvure deur die wind aandryf soos ‘n bedwelmde moes ek my gedagtes dwing om orde in my gemoed te bring ek het die gety gevaarlik en hoog gery die smaak van liefde was […]
Tetactrys Struktuur
Tetactrys Struktuur waar reënbui drupsgewys skitter-skater vind juigend die velde vol graspolle verlustig in die reënboogbelofte rotslikkewaan klipdassies spreeu en duif ©adéle
Bloedsweet bladsye
Meer as ñ duisend gedigte leeg gebloei op bladsye hoe die ink so lieftalig die wit kon versier met die verlange wat hier binne my wou uitklim woorde ge-uiter laatnagte se duister die motiewe in drank en toenadering soek in meer as net woorde om elke hoek die wellus van sonde en die hunkering na […]
Bitter wind
Die ellende van dementia laat jou woorde beperk die konteks van jou sinne maak gate in jou geheue Tyd is min gepla,selfs onsimpatiek oorblyfsels van jare terug eggo nog net die wind se huil hartseer deur die geroeste wrak En hoe kan ek nou luister na jou verlate fluister deur die lewe uitgewan soos […]
Passiedans
in ‘n stadige statige somerswals om my enkels sjiesh sjoesh sjiesh my rok met ‘n een twee drie heen en weer sweef is ons verlore in die oomblik met ‘n tiekiedraai waai swaai seil ons sierlik sigsag oor die vloer in die arms van my signore heup ons ‘n super sexy salsa my voete klippetie-klop […]
Klong (Hoofstuk Drie) ©Eduard Smith
Hulle sit aan weerskante van die vuur wat helder brand in die koel aandwind. “Jy het vir amper twaalf jaar nie met ons gepraat nie, Dreyer. Ek weet nie eens waar om te begin om te probeer verduidelik nie. Jy weet, ek treur ook oor Annemarie. Jy kan nie die pyn kaap nie.” Dreyer breek […]
ONTHOU SE PYN
soms kom hy saggies sluipend ongemerk nader soms ‘n bliksemstraal donderend brekend vernietigend my hart die prooi woorde gedagtes onthou-jy’s beelde wat speel en lag en spot met my verwonde hart jou beeld ‘n eggo in my stukkende verwonde siel