‘n Ploegplek onteien (©Eduard Smith)
Die dal dooie agtergrond
maak spasies plat-gelyk
waar jy eens
op tyd en mooi geplant het;
koring vir ‘n snytjie brood
en dadels vir Sondag
se oorsoet dessert.
Nou maai ons in stof
wat die wegbly-reën
soos ou meel laat opslaan het.
Die muis is vol
en die kaas is bitter,
die aanbieding kwint;
jy is van die ploegplek onteien –
té lank het die wolk gedonder
en nooit gedrup nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.