Jongste aktiwiteit:

duinetaal

skeerbekwindjie sny luid
skerm om hoekies en warrel
fisante grou gaatjies agter uintjies
meeue sweef triesterig mismoedig
wit flos waai van golwe af in mis
my hart roep luid na genade
genade oor ons land
se gewetenlose
barbarisme
dan verstil hy
oor die stink wind
wat oor die duine lê
van karakterskending
van ons eie mense
hoe lank nog
vra hy dan
eensame
stem

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed