Jakobus en sy nuwe Ford
1908. Johannesburg. Jakobus stop langs die pad om eers sy splinternuwe Model T-Ford af te stof. Dis sy eerste motor, en hy het geweet die ligte bande en speke gaan vol stof wees na hy deur die grondpaaie is. Dis hoekom hy ‘n stoflap gebring het. Hy het gesien Johannes van oorkant gebruik ‘n skoenborsel […]
Kartonbord van ’n bedelaar
‘n Tsunami bedelaars op straathoeke, met kartonborde, wat bakhand vra ‘Ons baba het geen kos en doeke’ “Askies meneer, dat ek pla…” ‘Geen kos, geen werk, siek vrou…’ Vir elke kleingeldjie dankbaar “Die Here seen vir jou” Honger, arm, vuil, maer… Met vetkryt uitgekrap ‘Help asseblief, God bless’ Of wit geverf die riel trap, Geld […]
Twee manne en ‘n fiets
Twee manne en ʼn fiets, deur Stephan Uys Hulle sê alles gebeur stadiger as jy doodgaan, of as jy dink jy gaan dood. Hulle is reg. Alles word ervaar in stadige spoed. Dit voel of die horlosie se sekondewyser deur dik molasse moet beur van een sekonde na die volgende. Ek reken dit het dalk […]
As hoop wegraak
Die weervoorspelling gee vooruitsigte waarop ons net kan hoop. Ja, reën vir die droë weivelde. Maar, as ons nie kan hoop nie … dis dan ‘n derde van ons innerlike emosies. Is geloof, hoop en liefde nie deel van ons lewe nie? Maar as ons een daarvan verloor, wat bly dan oor? Want elkeen is […]
Arme vyfsent
Arme vyfsent (Villanelle) ‘n Vyfsent lê daar op die kas. Sy dae is getel, sy waarde verlore. Hulle word gestuur na die argief. Vir die teller is hy ‘n las, om te betaal is hom nie beskore. ‘n Vyfsent lê daar op die kas. Geen aansien meer in eersteklas, bokse vol verpak in afvalstore. Hulle […]
van sien en hoor
laat elke oor dit hoor laat elke oog dit sien hoog bo golwe hang hy in eensame vlug elke golf wat injaag breek vooroor in wit vakansie is spesiaal mens kom hul haal oor wit skoon strand stap hand aan hand op my duin sien ek op my duin hoor ek ©Teárlach
ONDERDEUR DIE REËNBOOG – ELEEN VAN DEVENTER VORSTER / JEFFREY SMITH
ONDERDEUR DIE REËNBOOG – ELEEN VAN DEVENTER VORSTER / JEFFREY SMITH VERS 1 STORMS KOM EN DRUPPELS VAL DIE ONSEKERHEID MAAK MY MAL REËN VAL NEER EN WEERLIG SLAAN EK WONDER WAAR KOM DIT VANDAAN EK STAAN IN DIE REËN EN WAG VIR IETS OM MY WEER TE LAAT LAG DIE STORM HET MY NOU […]
Fosfor’blom
Die maan het ‘n helder glimlag vir die son gegee die son kon net verleë terug lag toe sy vlekkies trane van haar wang afvee Toe die maan die son sien opkom het hy op ‘n afstand gebly hy draai verward om en wens hy kon op asem van liefde na haar gly Maar somber […]
Sal Hy tevrede wees
Ek sit en kyk na die verby lopende mense en dink, Sal Hy tevrede wees met die wyse waarmee ons leef? Luister Hy hoe negatief ons meeste van die tyd klink. Verstaan ons rerig waar oor alles gaan. Ek lees van mense wat ander vir niks doodmaak, Ek sien mense wat kinders vir die lekker […]
Kersfees
Ek’s al vroeg wakker van opgewondenheid, Ek ruik die reuk van vars gemaalde koffie. Die boom is al vroeg opgeslaan en Oorversier met liggies en geskenke. Tafels word lig dag al gedek in die tuin, Dis ‘n groot fees van kos en wyn. Hierdie jaar is dit koue vleis en slaai, Laas jaar was dit […]