Windfluisters
Aan die windfluisters van jou ritsels hang al jou vergete mistieke gisters … toe jy sien ek luister, raak jou roep dringend – jou takarms beduie krakerig en wringend wyl die by om my kop knaend pla, tussen my en die pers laventel kla. Aan die windfluisters van jou ritsels hang son se kalm warm […]
PAPIEREENDE
PAPIEREENDE „Papiereende” noem ons dinge wat kort in die dagblaaie lawaaimaak en dan in die niet verdwyn, asof niks gebeur het nie; dis vergelykbaar met die „storm in die rooiboskoppie” wat na bewering taamlik dikwels by damessirkeltjies sou plaasvind. Niks teen die dames nie, wel iets teen die koerante, wat kunsmatig probeer om die aandag […]
Ek is cool en jy is ‘n fool
jy skiem jy is kief met al jou grade en sertifikate sedelike, sedige, seder jy’s cool en ek’s a fool jy is getroud en gekerk en elke dag gepak gedas om te graft by jou werk as jy skroefgesig stilsiel skim in jou Blik-Met-Wiele (BMW) klim dink jy, bospikkewyn jy is iemand en ek is […]
DIE RAGAB BINNE MY
Ek is dwalend. Bekommerd. Beangs, eintlik! Ek voel dat my liggaam aan die ingee is en ek kan daar niks aan doen nie. Want sien, soos wat so baie maal met elkeen van ons gebeur, staan ek voor ‘n toe deur wat enige oomblik gaan oopswaai en ek weet nie wat anderkant hierdie deur vir […]
Op vlerk
Vroeg oggend wakker voor die son, ek wag vir hom Wat is dit met die mens, die beheptheid met die lens Elke oomblik word gestol, op geheue stok en film rol En dan die nuwe dag gebreek, oranje vuur op horizon Wat sien jy in ‘n kind wat lag, in sy oё vol lewenskrag Kinders […]
Boere resep – Oond gebakte baber.
(Opgedra aan Dennis) Hierdie beproefde reseppie is ingestuur deur tannie Vokkens van die papgooi klub, om verligting te bring vir die moeilike finansies van ons tyd. Jy benodig: 1 vars gevangde baber (medium) 1 ses duim spyker en ‘n goeie hamer 1 stewige boom 1 of 2 skerp messe 1 skoon tang 1 rol papier […]
getroue hadida
troue hadida vlieg huistoe sy groet weergalm oor veld huis in hoogste boom gebou troue hadida vlieg huistoe van takke, stokke en vere roep vir almal om te hoor troue hadida vlieg huistoe sy groet weergalm oor veld ©Teárlach
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 11
HOOFSTUK 11 Om al die bande te luister wat van Stephen se telefoon oproepe gemaak is is frustrerend en vat baie tyd. Kas en Annetjie spandeer die hele Sondag daaraan. Dit is toe sy by die twee oproepe tussen Stephen en Shireen kom wat sy dit n paar keer oorspeel en dan glimlag sy. “Kas […]
Sielspalet
Sielspalet Woorde omkring my wortelgedagtes gryp na my binne-ink en trane om my siel bloot te lê vir betasting met modderhande diep in my kerkergange word ek gekersten met bloedgrafieke op my sielsmuur in bloed ink ek my storie giet dit in die woestynland vir die aasdier om te kom pik om my siel se […]
DIE BOEMELAAR
DIE BOEMELAAR Opdarg 2 Die arm boemelaar hy lewe net soos ‘n bedelaar hy is vuil en lyk verskriklik naar net soos ‘n verwaarloosde sit hy daar horende doof ou grysaard voor hom en staar sy liggaam lewendig dood en amper klaar peul laggende tone deur sy vellies al gaar net soos ‘n armsalige verwese […]