Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 11

HOOFSTUK 11

Om al die bande te luister wat van Stephen se telefoon oproepe gemaak is is frustrerend en vat baie tyd. Kas en Annetjie spandeer die hele Sondag daaraan. Dit is toe sy by die twee oproepe tussen Stephen en Shireen kom wat sy dit n paar keer oorspeel en dan glimlag sy.

“Kas luister mooi hierna. Op die oor af klink dit na een van die vele oproepe wat van Rebecca se vriendinne gemaak het maar luister mooi, Stephen het hierdie oproepe gemaak”.

Annetjie speel weer die band en dan hoor Kas dit: “Hallo Shireen Rebecca het verdwyn. Ek het haar motor verlate in die parkeer terrein gekry en die polisie ontbied. Ons vermoed sy is ontvoer en sal n ruk lank nie die huis kan verlaat nie in geval die ontvoerders skakel”.

“Stephen maar dit is vreeslik maar ek verstaan. Hou my op hoogte”, antwoord n vrouestem”, en dan druk Annetjie dood.

Dit is toe Annetjie op die einde van die hoeveelste band kom wat sy op die laaste gesprekke afkom wat tussen Morrison en Shireen gewissel is nadat daar reeds opdrag gegee is dat die opnames gestaak moet word.

Nadat Kas saam met haar geluister het na die gesprekke glimlag hy: “So haar naam is beslis Shireen en sy was beslis Morrison se minnares. Hoekom sy hom anders liefling genoem het. Ek gaan Morrison nou begin braai. Ek wil hierdie band vir hom gaan speel sodra ek bewyse het dat hy oorplasings na haar bankrekening gedoen het want die sal daar wees. Die vraag is net watter bank is sy rekening maar die sal ek wel gou genoeg uitvind. Sal maar van bank tot bank moet gaan tot ek sy rekening opgespoor het maar ek vermoed dit sal City Bank wees waar al die super rykes se rekenings is”.

Maandagoggend is Kas vroeg by die hof en soek dadelik vir Hennie Aucamp, die senior aanklaer op wat hy in sy kantoor kry, besig met voorbereidings van die dag se sake. Hennie en Kas kom al n lang pad saam en toe hy Kas sien groet hy dadelik: “Wat waai jou so vroeg op die Maandagoggend uit Kas”.

“Hennie ek soek n hofbevel om Stephen Morrison se bankrekening te ondersoek. Ek soek net daardie laaste bewysstuk dat hy n minnares aangehou het en ek is seker daarvan dat hierdie minnares Rebecca Morrison vermoor het”.

Kas oorhandig die dossier aan Hennie wat vinnig daardeur blaai en dan staan Hennie op: “Kom ons gaan kyk of ons Maryna Vosloo in haar kantoor kry. Ek dink sy sal vir ons n bevel toestaan as sy in die dossier sien wat ek sien”.

Die twee stap die gang af en by landdros Maryna Vosloo se kantoor klop Hennie aan die deur. Op haar “binne” maak Hennie die deur oop en stap hulle in. Hennie stel Kas se saak terwyl sy vinnig deur die dossier gaan wat Hennie aan haar oorhandig het.

Maryna loer oor haar bril vir Kas en vra: “Kaptein ek gaan vir jou die gevraagde hofbevel toestaan want teen hierdie tyd en na baie sake wat voor my gekom het weet ek dat jy nie so n bevel sonder grondige rede sal aanvra nie”.

Hulle gaan sit terwyl Maryna die bevel op skrif stel en dan stempel om dit aan Kas te oorhandig; “Sterkte kaptein ek hoop jy kry genoeg bewyse in sy bankrekening om haar vas te trek en moet nie die moontlikheid dat sy en Morrison die moord saam beplan het buite rekening laat nie”.

Kas bedank Maryna en is hy en Hennie saam haastig by die kantoor uit Nadat Kas vir Hennie gegroet het is dit City Bank toe, die eerste bank wat hy gaan besoek met die hoop dat Morrison se rekening by hulle is.

City bank is n bank met n atmosfeer van sy eie. Die binnekant van die bank stink van die weelde en moet Kas by ontvangs aanmeld waar hy deur n aantreklike donkerkop ontvangsdame ontvang word en vriendelik verneem waarmee sy kan help.

Kas toon sy identifikasiekaart en stel himself voor: “Ek is kaptein Dreyer van moord en roof en wil graag die bestuurder spreek. Ek het n hofbevel om meneer Stephen Morrison se bankrekening te ondersoek as hy een van julle kliënte is”.

Donkerkop versoek hom om n oomblik te wag en tel sy die telefoon op. Kas hoor hoe sy hom aankondig en sit dan die telefoon neer: “Kaptein sit so n oomblik, meneer Cronje se sekretaresse sal jou nou kom ontvang”.

Kas gaan sit in een van die luukse stoele en wag ongeveer tien minute toe n deur oopgaan en hy deur n lenige ouerige swartkop dame genader word wat dadelik op hom afpeil.

“Kaptein Dreyer ek is Anne Vermaak, meneer Cronje se sekretaresse. Kom saam met my asseblief dan kyk ons waarmee ons kan help”.

Kas staan op en volg haar na haar kantoor toe waar sy hom versoek om te sit.

“Mevrou ek is besig met die moord ondersoek na Rebecca Morrison. Alle bewyse sover dui daarop dat sy deur n vrou vermoor is. Ek vermoed sterk dat die moordenares Stephen Morrison se minnares is wat te gulsig begin raak het en Rebecca uit die weg geruim het. Ek het n hofbevel om sy bankrekeninge te ondersoek en het hiernatoe gekom met die hoop dat hy julle kliënt is. Minnaresse is duur speelgoed en hy moes sekerlik redelike bedrae aan haar oorbetaal het om haar te onderhou”.

“Kan ek die hofbevel sien asseblief kaptein’, versoek Anne.

Kas haal die hofbevel uit die dossier uit en oorhandig dit aan haar. Na intense bestudering van die hofbevel staan Anne op en maak n fotostaat van die hofbevel wat sy weer aan Kas oorhandig.

“Jy is reg kaptein. Stephen Morrison is een van ons grootste kliënte. Hy het twee rekenings by ons, sy persoonlike rekening en sy besigheidsrekening. Ek kan jou ook help en ek stel voor ons kyk eers na sy persoonlike rekening”, en met die mededeling raak Anne bedrywig op haar rekenaar.

Na n paar minute sien Kas n frons op Anne se voorkop verskyn: “Kaptein hier is heelwat betalings aan ene Shireen Hatfield by Volksbank. Ek sien hier is vanoggend twee honderd duisend rand na haar rekening oorgeplaas en is onmiddelike betaling versoek”.

Kas voel of hy uit sy vel kan spring van vreugde; “Kan ek afskrifte kry mevrou. Het jy dalk n adres van Shireen Hatfield”, vra hy.

Anne skud haar kop terwyl sy afskrifte van die laaste maand van Morrison se rekenings maak: “Ongelukkig nie kaptein maar Volksbank behoort jou te kan help. Wat vir my net snaaks is is hierdie groot bedrag wat vanoggend oorgeplaas is. Die eerste keer dat so n groot bedrag oorgeplaas word ”.

Anne frons weer soos sy op die rekenaar na Morrison se rekening kyk en dan glimlag sy: “Kaptein nog makliker hier word elke maand klokslag n bedrag aan City Properties oorbetaal. Hulle kan jou dalk ook help met n adres want dit is huurgeld wat oorbetaal word”.

Kas raak haastig want die spoor raak nou warm. Hy staan op, sit die afskrifte in sy dossier. Nadat hy Anne bedank en gegroet het is hy haastig by die bank uit, City Properties toe.

By City Properties word hy deur n verveelde blondekop ontvang wat nie baie behulpsaam is nie. Toe Kas sy kaaart toon skrik sy haar buite weste en kan nie vinnig genoeg die adres opsoek van die woonstel wat Morrison huur nie.

Terwyl Kas die adres afskryf gooi blondie n emmer koue water oor hom om; “Kaptein ons het vanoggend n e pos ontvang waarin die huur gekanselleer word met onmiddelike in werking treding. Die huurder het ons laat weet dat die woonstel van die naweek af beskikbaar sal wees, hy moet net al die meubels verwyder”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed