Voet in die wind (Brons)
Dit is Sondag, en die kerk is stampvol mense. Nagmaal word bedien, elkeen neem ‘n stukkie van die ongesuurde witbrood, en ‘n slukkie uit die beker. Intussen steek daar is swaar storm op buite, die volgende oomblik ruk ‘n wilde wind die kerkdeur oop. Wild verskrik begin ‘n klein seuntjie te huil en kruip onder […]
Deel 2 van Wonder Woman vs Diamant Diva
Diamant Diva se karakter ‘n Diamant Diva is ‘n vrou wat ook opgelei word deur haar ma, en die mense wat haar lewe deel. Hetsy ‘n ouma, tante of enige vroulike figuur. By baie divas is hierdie vroulike rol selfs afwesig. En is haar uitkyk verskillend van ander. As sy deur ‘n militêre pa groot […]
Deel 1 van Wonder Woman vs Diamant Diva
Ek hou van die Marvel karakters, spesifiek die verskillende lede van Avengers. Ek het natuurlik my voorkeure soos Thor, Iron Man, Pepper Pots – alhoewel sy nie ‘n fisiese Avenger karakter is nie is sy tog deel van die storie en staan sterk in haar ondersteuningsrol. Captain America is ook ‘n gunsteling maar Wonder Woman […]
Wilde Weste Wind
Wanneer die weste se winterwind speel-speel aan jou rokspant pluk kom loer hy kamtig parmantig onder jou soomlyn in, ‘n hand op jou hoed terwyl weste wind giggel en lag, plesierig, prettig sy aandag verskuif; katjie kierang van die baan dans hy oral met jou saam terwyl jy rieldans om rok en hoed te red […]
Vroudigter
As n vroudigter haar denke soos duluxprit op papier kom plak verskuns in vlietende vaart neerlê uit die haathoekies van haar hart, sal amal sien waarvan sy praat. Van die oogbegewe – inkdrup wat haar papier altyd papnat bevlek haar pen wat in skryf ritsel en haar woekerende woorde wat in woede lek. Tot in […]
Die ink van my pen
Die ink in my pen vloei in vandag se vryheidsliefde, word tasgevoelig met blydskap beleef. So wanneer skaduspore uit n sytvolle verlede soos swart vingers ritsel, dig my denke behendig in die bloei van my begluurde smart. Want die ink van my pen vloei in vandag se poesië, en word geseëvier in n genotvolle gawe. […]
die nuwe jy
die nuwe jy moenie vergeet om in jou eie taal te dink nie bid in jou moedertaal verander die velkleur van jou hart vleg jou woorde en gedagtes met jou kreukelhande en onthou die Hande wat jou geskape het klou vas aan die Woord wat lewe bring lees dit hardop breek die spieël van die […]
Die Boland is nou nat genoeg. Baie dankie.
Ek wens ek kon die reën beveel om te val oor die Karoo – daar waar geen mens of dier nog glo dat die water weer sal vloei nie, daar waar stof en sand hul brood is, waar wanhoop (soms) oneindig groot is, waar die lammers vrek en als wat leef en beef wil trek […]
reis in e
soos ‘n wafferse elsbekkie wals ek heen en weer oor my duin elsskerp sweef my gedagtes in woorde maar die sinne bly elusief en vaag driftig stamp ek dan my kierie met sy elpebeen knop emansipeer ek van my woord-armoede na blare in die elimheide waar ek elkeen kan slyp tot straat digters vergryp ©Teárlach
eer
wanneer die son so skyn dat die sand oranje kleur en die wind het gaan lê dan blink my hart se ster oorkant die baai lê berge in skakerings van blou mistige silhoeëtte figure wat kom en gaan in lig hier by my breek meeue skulpdiere se doppe oop slurp die binnegoed op in luidkeelse […]