Oor Kannaland waai ’n winterwind
(goud) Klein Karoo jou winterwind kom middernag aan’t lewe waai woes alom die Gamkaberg skop stof op in die droë loop waar Tierkloof tussen kranse gang sy ruk aan bossies en aan bome sy maak amok in die donker uur tier haar woede en versteur die vrede sy sis en suis oor dorre velde teister […]
Gee, gee, gee.
Vergun my asseblief . . . verskoon my asseblief . . . laat my asseblief toe . . . om ’n ongeskikte wilde wind, hardop en oopmond, op te breek . . . bbluaaaarghh! Jammer en dankie. Hierdie wilde wind het in my ingewande opgebou, omdat mense, blykbaar reken ek het eindelose fondse in my […]
Wilde perd van Afrika
(Brons) Soos die wilde wind hardloop hulle vry deur die vlaktes, met strepe wat blink in die son, en met hoewe vas op Afrika grond. Groot sterk diere maar altyd waaksaam, vir wat om hulle aangaan. Wei in troppe, en wanneer die son sak lyk hulle asemrowend mooi wanneer hul wegsmelt tussen lug en skaduwee. […]
Ek is Afrikaans
Ek is Afrikaans. Dit is die taal wat ek praat. Dit is die taal waarin ek dink. Dit is die taal waarin ek lief het. Dit is die taal waarin ek verstaan. Dit is die taal waarin ek treur. Dit is die taal waarin ek soebat, smeek, waarin ek veg en baklei. Ek is gebore […]
Vrede in my hart (Brons)
Elna Bester kyk by haar kamer venster uit, dit is vandag presies twee jaar gelede wat haar ma oorlede is. ‘n Wilde wind pluk-pluk aan die gordyne, en sy voel effens hartseer vanoggend. Sy is ‘n mooi vrou met donker hare, en grasgroen oë wat dadelik jou oog vang. Sy is ook deur ‘n stormagtige […]
Siel vasgevang
grenslose eindige vernietiging vasgevang tussen tralies bedink in ysverweerde sel tussen yster en mure ‘n laaste groet kom aan einde wat besiel denke aandadig aan nog een in lewe vasgevang ploeter voort asof niks gebeur maar tussen vier mure ‘n laaste besluit oorgegee ‘n besluit is geneem en uitgevoer stof tot nadenke gryp iemand aan […]
Soekend
Ek soek jou in die more ek soek jou in die aand Iewers by die werk naby my gisters more kom ‘n nuwe dag wagtend in vroeë dou in die sonstraal van verlange weet ek die koue wintersnagte toegevou in warm kombers jou liggaamshitte ontbreek soekend in die geur van koffie te vinde saamgevoeg in […]
Uitgeklok aan Genade (Boemelaar)
Winterkoud vuil verslete klouend aan ou kombers Iewers het sy lig verdwyn tussen gevoel en lewe uitgeklok aan genade alleen in eensaamheid wonder hy soms “hoekom” waar dan so skeef gedraai strompel hy deur strate op soek na iets te ete voor winkelvenster pak hy sy bondeltjie Koue sement vloer opgerol in n sielestryd oorval […]
grond
(silwer) daar is nou niks meer wat die grond terughou nie die wind was nog nooit so wild soos nou nie sê my ma toe ek bel uit die Kaap die sand staan op soos mis en skuif in vlae onbetrokke treine tussen plaas- en werkershuise deur my ma sê dis die ergste droogte in […]
Terug in tyd deur Lynelle Clark
“Wat maak jy?” vra Melandi met ‘n defnitiewe toon van frustrasie. Vandat Pieter dit in sy kop gekry het om terug in tyd te gaan sien sy hom bitter min. Hy is alewig besig met iets in die werkswinkel. Wanneer sy vra dan sê hy net: ‘Jy sal sien.’ “Amper klaar dan kom ek.” Hy […]