Jongste aktiwiteit:

Desember(Bladsy 11)

Nee, kyk! Ek sit nou al drie dae met ’n refrein wat nie uit my kop wil wyk nie. Dit het vasgehaak soos klitsgras wat wegkruipertjie speel binne-in jou klere en jou grensloos bly irriteer. Nou, kom ek verduidelik my moeilikheid vir julle. My dogtertjie het die jaar by die skool se koor aangesluit en […]

O, die weeklaag van die oostewind haar koue sister aan haar gebind hul dreunsing saam beloftes van hoop donker wolke vergaar bedreig barre veld boere bespied hemelruim gelig hul somber luim Reëndruppels p l o f p l o f in dorre stof stil versugtings na vog. © Taai Bonthuys

Ek raak bewus van loeiende sirenes wat al nader kom. Skielik is daar ʼn dringende klop aan my deur. My eerste gedagte … Wat het die bure nou weer aangevang? Ek maak die deur op ʼn skrefie oop. ʼn Jong konstabel staan voor my. “Mej. Roux?” “Ja?” Ek kyk hom grootoog aan. “U is onder […]

In laaste rooigloed van jou wingerd gooi nag sy skaduwee oor jou my hart skryn stil ‘n skree ’n traan versplinter weerkaats die prism van jou lewe stil verorber roes jou lower tap jou asem uit wingerd met smart vervul groet ek vir laas jou kruishout in stof geplant. © Taai Bonthuys

Onder moredou-kombers tussen koue sandsteenrantjies lê afgeskilde skaapjassies op bloed deurdrenkte spoorryke grond aangedane oë ontvou wrede verhaal skimme sluipend onder vol maanlig skape blêrrend aangejaag verdelg vir hul kosbare vleis. © Taai Bonthuys

Onder versengende son skeur bloedstollende gil deur verlate klowe berge skeur oop stort verkwiste bloed skarlaken rotse treur geluidloos jou laaste asem bloedvergieters laat klap ’n toon sorgeloos hul wese stom gooi maan sy witkombers oor jou asemlose vlees. © Taai Bonthuys

effens verskuil agter vlieswolke skyn die son maar skraal oor die see dood gewone somersdag in my lewe wonderlike werklikheid van lewe my duin is rustig en alleen weinig vakansiegangers sover groot storm gaan binnekort verskyn voete en sambrele ten spyte van wind elke dag is soos die volgende verskil weinig van die voriges opstaan […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed