ek is net ek
vorm jy gedagtes oor my gedagtes in jou kop oor wie ek is mooi indrukke mag dit wees … hulle is joune dit te verander, is onmoontlik vir my jy sal dit maar self moet doen want dit is nog steeds net indrukke oor my niks wat jy sien of dink is ek ek bly […]
Maandagoggend
“Pieter! Sy gaan spring!” Geskok kyk ek hoe sy Johan lospote neervel met een beweging. Dan rondkyk en koers kies reguit bos toe. Johan staan beteuterd op en skud die stof vies van hom af. “Dit sal nou gebeur! Dis mos ‘n Maandagoggend!” skel Johan verergd. Pieter skree iets onhoorbaars en die mans nader die […]
My woorde
As my woorde ’n vroeë dood sou sterf my witpapier sy asem verloor sal ek gaan tiekiedraai in die oostewind se koue arms tot ganspuisies my oortrek ek sal luister na gekwetter van voëlgesang tot my ore vir my fluister my oë bejeen kwashale van die aandrooi drink elke kleur in want hoe kan my […]
Verlatenheid
In barre skoonheid waar somer warm sand en klipheid hemelruim omarm woeste wind waai haar warrel-dwarrel sang oor v e r s k u i f d e duine en haaikaal goue land biltongtaai akkedis skarrel tussen verbrokkelende wrakke vertel stil-stom verhale van verlate aarde. © Taai Bonthuys
silwer rantjie
stil in die aand se geluide verstil my hart in jammerte ru word ek herinner aan ‘n tyd toe ek jou geken het om my lyf ek wil gaan sit en stil word met ‘n warm arm om my skouer wat my sagkens vasdruk en koester wat my siel laat stil word en fluister ek […]
Dans asof niemand kyk nie
o die wind wat so waai hier oor st helenabaai my lyf wil net saamdans met elke flap en flans gaan haal die reën vriend bring dit soms onverdiend speel vir ons die wysie met elke skuifel trappie o die wind wat so waai waarin seemeeue draai laat my sing en stil dans my ou […]
Morêgroet
Liefling, jy’t na hartelus siggeroepe gevoel en toe die skavuitedood jou kom tretter in die hart. En jy vir oulaas opvlie’ as ñ jangroen wou ek so graag met laaste woord die armbus doen. Want soos jy met grassie op die sakreep afvysel na die “valluik” en ek rou bedryf oor jou het vredeverse by […]
Rooi tower stewels
Dit is amper kerfees en Lalie die feetjie is baie opgewonde, haar ouma kom weer kuier. Sy kan nie wag nie, dit is ‘n groot feestyd wat voorlê vir al die woud bewoners. Oral word liggies opgehang, heerlike koekies word gebak deur al die mamma’s. “Lalie, gaan haal vir mamma nog meel by die winkel […]
Ekkerigheid
Brons 170 woorde Ek lees die woord raak in een van Berdéhand Brand se gedigte. Ekkerigheid. Oombliklik kom ek tot ʼn skokkende besef. Ekkerigheid is ook die ongedurigheid binne my, die afsondering, die rusteloosheid wat nie wyk wil kry nie. Dit lê soos ʼn stuk klipperaarde tussen my en Abba Vader. En ek val op […]
Sand druppels
sand in die ligte wind wat optrek oor die see verskuif my duin stadig nader aan die see se golwe elke meter gewen troon oor alles vorm nuwe sitplek vir voëls en fynbos my sitplek staan droog en pryk hoog kyk uit van links na regs wes na oos oor uitgestrekte blou golwende see geankerde […]