Onthou om te huppel
(goud) Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ’n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ’n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor […]
oud vroom oud
na slegs vyf jaar op my duin sak daar ‘n rustigheid oor my neer ten spyte van jare se adrenalien bestaan het my siel sy tuiste gevind oor die blou see dink ek vanoggend aan vroomheid en ouderdom meeste mense raak soms skielik vroom wanneer hul ouer word en begin besef hul tyd loop uit […]
Waar jy is
Waar die dag se laaste sonstraal uitgeput oor die randjie streel dis waar ek jou gesig gaan haal as die nag die dag se laaste lig steel. In die louwarm voue van die berg koester sy my verlangende blik lê sy ongestoord en ongeërg terwyl die nag die dag insluk. En ek bly hang soos […]
belofte
oor my duin hang daar die rokies van fees vure meeste maar net braaivleis vure vakansiegangers wat ontspan gedagtes gaan oor beloftes uit nood maak mense beloftes – geloftes my siel sweef oor die baai meeste families sit en eet om die kaai vrolike stemme van kinders en groot mense verbreek die anderse stilte van […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was die jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker […]
Liefde vir my kinders (Engelse Sonnet)
Laat liefde vir my spruite nie versprei in oggendwind sagkens koester teen my ruite waar my hartklop warm klink weef geduld sorgvuldig deur my wese soos vlamme hoog vure stook help my Heer met regte keuse alle wysheid vassoom ook gewis is ek van vlees gemaak feilbaar met ’n hart van goud eendag sal verstaan […]
My wingerdlief
Kom dans met my waar gode nektar verbou in soet skatte verkry wonderskoon trou onder soel somer lag waar wingerdmelodie jou voete meesleur sag op geurige wit roos rapsodie met smaraggroen wingerdkleed bedek Langeberg sy voet luister, kopkantelend gereed na suid-ooste wind se koel-groet stralend, lag kristalblou lug wink trots na druppende juwele verhef soet […]
gelofte
uit vrees vir uitwissing gebore bid sarel cilliers aan wasbankrivier lê hul ‘n gelofte af aan die Vader ernstig bid hulle sewe dae lank op die vooraand van die slag bid hulle hierdie woorde: Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy […]
Rookkomberse
As rooiskeut wolke klaar kurktrekke stoot, skyn die gedoogde son se geel lutteloog bo-op die bergpiek. En dié organgsnote van jou gesig skerm in die lug. Omdat jou liggaam het as ñ elektriese sondeel die poolhemel binnegedring, en onsaggewende gordels en gordyn geelgroen lig laat dans deur ñ sterrehemel wat met kosmiese ritme boë vorm. […]
Spore
Bo die oorvormige branders wat ronddooi soos rolgordyne het waterepryswolke (nes roeiers wat aan ñ roeiriem) die skemerlumier tussen die reënboog aangepak en God agterlaat. met jou onklaarstap word my hart omgeploeë met liefde en druppels verligting bring tot die hartseerroetine wat ek leef want jy’t met ñ kleurvolle materiaalbol na die hemelruim gesweef. ©Zebulon […]