soos duwweltjies
op my duin is daar nie dorings nie weg van die see af groei daar miljoene in pragtige geel blomme adverteer hulle die lelike duwweltjies wat nog gaan kom deur jou dun plakkies se sole steek dit word aangedra deur diere pootjies groei oral waar dit in sand val ware doring in die vlees soos […]
My Skrywerspad deur Lynelle Clark
Ek is besig om ‘n Skryf-outobiografie te lees van Steven King. Dit is ‘n lywige boek wat begin by sy eerste storie se ontstaan. Reeds van ‘n baie jong ouderdom af kon hy onderwerpe eien en neerpen en het hy die stories tussen sy klasmaats verkoop. Fliek en teaters was nog in hul kinderskoene toe […]
Wanneer die stof gaan lê
ver heen kyk ek by my venster uit staar na niks diep geraak in wese denke rol my gemoedere vol snydend sny die woorde ongegronde leuens spoel oor hul lippe saam gekloek en saam geskinder dink hul ek weet nie wat om my aangaan stoot gedagtes elke greintjie skets soos ‘n prentjie voor my oë […]
siembambame
weerklinkende gedagtes ruis oor my duin in die son my siel sweef hoog bo waters van onrus maar onder op die baai lê daar ‘n miskombers nou en dan klink die mishoring op uit die grys vele dae en maande gaan verby van onmin mense raak gekondisioneer met slegte en onaangename nuus wat weerklink oor […]
lente by die see
soos dit in een dag winter geword het is dit vanoggend van vroeg af al lente my duin straal klein hittegolwe uit wat blinkend refrein teen die see se deining naby in die swartland staan die koring geil-groen,regop en reg om saad te skiet plek-plek in droeër kolle begin die geel waar minder reën geval […]
Die boksvrou
Vir Yolandi Bykans almal skop, skiet en steel Stokkiesdraai slingergooi Suid-Afrika Niks orde of wet, bloed is wat ons het Misdaad hoog, damme droog Maar jy kom verdryf die donker sonstraal wat in ons choas flonker Dankseggingfees en skoendoospresente Jy giet reën ondanks doemresensente Jou hart vir ander klop warm Jy gee jou been en […]
afskrif van die skilderdoek
kleure prag in fynbos uitgestal rollende duine vol skilderye van Hom geen vermenging – slegs kolle saamgevoeg in neon kleurige skilderdoek wat leef mense lewens saamgevoeg in donker afrika se barbaarse veld geen natuurlike vermenging – slegs natuurlike skeppings drang wat reik na hoogste eer diere lewe verplant deur mense vermeng en herskep vir mense […]
‘n Verkwikkende ondervinding
Bome bot blomme blom lente het gekom oral staan groen gras uit ‘n dik stoflaag op Selfs die voëls fluit met ‘n vrolike fees geluid lente vou oop soos ‘n nuwe droom winter-ys gly af van elke boom Soos toorverf uit die natuur se kwas skilder hy weer alles prentjiemooi dit is die allermooiste skildery […]