inspirasie
goeie môre my vrou kyk hoe nat lê die dou goeie môre my man daar is koffie in die kan alles op my duin inspireer my daagliks om beter te dink en sien al swewend oor die lewe en diep blou see leer ek van alles en nog wat gedagtes wat vorm maak woorde so […]
Soekhoek
(Opsie 1) Soekhoek Ek luister RSG. Jacqui sê dis later vanaand Soekhoek waar jy lang verlore geliefdes, vriende en ou bekendes kan soek. Ek wil inbel en vra dat die skugter, jong meisie met die sagte hart en die weerlose oë waarin duisende drome dans en sterre skitter; die een met so baie liefde in […]
Dagboek van ‘n stukkende vrou (uittreksel)
“Jy kan ook net soveel keer in ‘n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies. Sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie oop…. […]
PAPLEPEL-GENADE
PAPLEPEL-GENADE Jare terug loop ek een namiddag in een van daai winkels waar jy Pic en jou dan skoon polities korrek skrik as dit by die Pay-slag kom. Ewentewille – klaar betaal en oppad uit, toe daar ‘n skoon dakliggende geraas als oordonner: ‘n Seuntjie van so 4/5 het so entjie van my af al […]
Ons is lief vir ons reekse.
Ons is lief vir ons reekse, reg? Seisoen na seisoen word ons ingetrek in ‘n denkbeeldige wêreld van politiek, liefde, wraak, vergifnis en gierigheid, en ja, mag. Deur almal is daar altyd ‘n goue draad wat die seisoene bymekaar hou – Lojaliteit, familie, vertroue en, ongeag die probleme, die hoop op ‘n silwer randjie. Die […]
Tjoek-Tjoek
Die groot hout horlosie in ontvangs se wyser slaan oor na vyf uur. Wat ‘n verligting dink Lyndi, nou kan sy huis toe gaan. Dit was ‘n lang dag. Sy wil vinnig by die huis kom sodat sy kan regmaak vir haar eerste afspraak saam met Alex vanaand. Sy neem haar leer handsak, sit die […]
die uwe
skoon gewas, gewaai deur bitter koue winde skitter my duin vandag van wit sand en skulpe eerlik dwaal my siel oor diep blou seewater met spitse skuim vlokke wat see bedek soos wol dink ek aan dae se etiek om werk met integriteit aan mense te wil lewer wat dit hanteer soos flos sweef gedagtes […]
wanneer winter sterf (Brons)
Ek sien die spookasem geur van perske puntjies hulle koppies opdraai in volle blom. Voel die warm sang van nuwe vrug wat die somerson verwelkom. Fynvlerk bloeiknop balarinas baljaar in die wind. Ek hoor die witvlek vlerkies van ‘n blommekind. Ek ruik die roesbruin kleur van die ou kromhout; proe die heuning in kleure van […]