Jongste aktiwiteit:

Maart(Bladsy 7)

hoog uit die blou hemel klink daar trompet geskal eentonig draal dit om en om uit donker wolke kom daar geruis van vlerke wat alles oorheers en verdof vlerke wat skaduwees gooi oor berg en dal oor duine en dale hardloop hulle soos rooimiere wat nie weet waarheen soek na gate en grotte wat hulle […]

sonstrale verlig my duin in strepe skadu’s wat verskuif swewende meeue verkondig die lig strandlopertjies skarrel heen en weer groter as die liefde is daar niks daarsonder is daar nie geloof vriendelike glimlagte verberg agter maskers van hedendaagse vrees haastige treë soontoe en terug angsbevange om net weer veilig tuis te kan wees byna paranoïese […]

Onder wind verwaaide bloekoms lê graf 216 langs duisende andere, uitgemyn, verniel in Afrika. Kinders gevoed op goud gepluk met bloed met geen geheue of begrip, staar uit op groen velde in Engeland. In garing dun kombers gehul teen koue honger ń toekoms, ryp wit staar kinders uit oor vaal veld in eie land. Goue […]

op die spoor van ouderdom stap ek nou al jare lank vind nie wat ek soek waar sou dit wees so baie daaroor gelees jonk van gees bly vrolik swak van vlees getooi soveel operasies soveel nuwe blaadjies weer ‘n kans op lewe mens maak selfs uit wankelrig ‘n goeie lewe vol nuwe ervarings elke […]

Donker hout reggesny omvou die blink glas met dun silwer rug om beelde te weerkaats son strale weg te kaats. Donker woud teruggestoot maar nooit oorwin absorbeer gas en lig geen een beeld word weerspieël. Die blinkende spieëls uit donker noorde het gebreek, geval in Afrika lê in stukke versplitter as stukkies glas wat sny […]

Hoog warm vroë lente, herfs waai die weste wind brandend teen elke wang. Sand stof stort neer na mis vlug op vuurwarm swart pad langs toe deure van winkels en mense gemoed. Man alleen in die dorre laan gewaar ń lewe as verre skim oppad na ń ander rand. Dié kind loop, met al haar […]

Waarom, Heer . . . gebeur dit telkens dat my denke emosies doen en late so uit konteks vibreer? Waarom verloor ek balans kry ek so maklik seer? Keer op keer besef ek weer hoe noodsaaklik dit is om nie te wil wees in beheer hoeveel ek nog het om te leer! Help my om […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed