liefde
sonstrale verlig my duin
in strepe skadu’s wat verskuif
swewende meeue verkondig die lig
strandlopertjies skarrel heen en weer
groter as die liefde is daar niks
daarsonder is daar nie geloof
vriendelike glimlagte verberg
agter maskers van hedendaagse vrees
haastige treë soontoe en terug angsbevange
om net weer veilig tuis te kan wees
byna paranoïese haastigheid
liefde bedek alles
sugte van bekommernis trek
oor gedagtes en woorde heen
hou by die reëls en wees veilig
maar liefde is wyd en groot
omarm alles in hoop
Sy liefde is alles
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.