Brandfort
Hoog warm
vroë lente, herfs
waai die weste wind
brandend teen elke wang.
Sand stof stort neer
na mis vlug
op vuurwarm swart pad
langs toe deure
van winkels en mense
gemoed.
Man alleen in die dorre
laan gewaar ń lewe
as verre skim
oppad na
ń ander rand.
Dié kind loop,
met al haar liefde
in plastiek pram verpak,
die langpad af
van hier na stad.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.