Jongste aktiwiteit:

Julie(Bladsy 11)

Joviaal baljaar skepe waaghalsig op kaalrug van wit skuimperde sjooesp, sjooesp, sjooesp openbaar hul van hul vaart tartend lag ’n seemeeu kakelbont kir, kir, kir, kir, kir, kir swewend op kielie van wind treiter hul wit maanhare goedkeurend glimlag dagwaker waar skuimperde tot ruste kom swoegs, swoegs, swoegs bevloei, besproei, boei dorre gloeiende strand. © […]

Dorstig reik aarde hemelhoog helder skyn son gaapwekkend neer in dof-groen houtlywe se vingerpunte sing geveerdes troosteloos en hartseer geen hoop is gou in sig nie om dag mee blink te smeer asgrys versteen ons oeste lei vee onder dood se beheer donker-beloftes vergaar weer saam nuwe oeste lyk weer aangenaam. © Taai Bonthuys

In stede lê die dorpe beplan met grys rand stene langs straatligte wat grom nek oor leë spasies lig. swart diamanté, bruin smaragte wit wannabes ń volle samelewing weerspiëeling in nuwe elite karre ry die ego kurwes. die estate verwek deur tydelike wense gee geboorte tot skulde wat vandag vreugde slu omskakel in langtermyn skade.

Ek was te jonk toe almal met opgehoue asem jou geboorte in spanning vasgenael tyd afgetel het jou fanfare dag het toe aangebreek met kort asemteue jou lewe begin gou het jy stil jou babaskoene ontgroei om diep spore in ons lewens te kom trap ons beste vriend het jy geword ure van pret verskaf […]

soeke na kennis is kamer verlaat na die buite kleinhuisies die weg is wawyd oop dié pad terug is verlore. studente draf deur hoë deure luister na warboel sprekers in helder lesing sale met teenstrydige geskrifte as bewyse. doolhof gange in deurskynende wit met baie kamers maar altyd dieselfde bed is dié universiteit. skoonmaker gedagtes […]

in die warmte brand ń stink olie vuur in die wit kerkie teen die oerwoud wand. die stilte is omvattend beweging is geteken in oë wat sluier teen die straat werklikheid. ń man in bruin stuier om ń hoek geweer steek skuins sleep benebondel skreunende na nege maande hoek. kyk sonder sien uit rooi ongenooide […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed