Sonneblomtyd
Sag soen reën dorre aarde
vanuit kors bars sonneblomme juigend
groen reikend na bloue hemelruim
bot geel glimlagte wat verbly
gehoorsaam volg aanbidders vuurbal getrou
tot dorstyd aanbreek vir hul.
© Taai Bonthuys
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Hou van ! Die verwysing van reën en dan dorstyd is vir my pragtig. Dankie. Ek het onderneem om kommetaar te lewer op ń getal gelykstande aan ten minste 10 % in aantal gedigte wat ek geplaas het. Ek glo ons kan almal leer by mekaar en dis sommer net lekker. Kan ek jou uitdaag tot dieselfde onderneming?