Jongste aktiwiteit:

DIE WETTIGING VAN DWELMS

So ‘n rukkie terug ‘n artikel gelees nadat Dagga gewettig is dat hulle oorweeg om soos in Holland alle dwelms te wettig, dit mag nie gebeur nie.
Ek kan nie saamstem dat dwelms gewettig word nie, laat iemand wat dit voorstel eenkeer LSD vat of ‘n lyntjie snuif, of Tik rook vir daai argument en net voel wat dit aan ‘n mens doen en eerlik wees of hulle dit vir hulle kinders sal gee. As ons dwelms wettig dan gaan ons almal afskryf, dit kan nie werk nie, dit is die wet en die moraal wat maak dat party mense wegdraai van dwelms af, dit is siek om dit te kan dink. Selfs net om dagga te wettig, sien in die begin van REASON waar ek praat van dagge wettig maak, dan rook jy meer want jou liggaam raak gewoond aan die dosis en die gebruik raak net meer en meer. Nee dit kan nie werk nie. Praat met mense wat in Holland woon, hulle kla hulle stad stink van al die dagga en die staats dwelms vernietig mense, jy gaan ‘n “klasse verskil” kry van gebruikers en nie gebruikers en ek is bevrees dwelm gebruik sal toeneem. Dink daaraan, vry LSD, Vry Heroin en TIK en ander dwelms, nee hulle het nie mooi gedink nie. Othou vandag sal een joint gerook maak, môre soek jy twee en so gaan dit net aan en aan en ons sal ons land in chaos verander. Die dwelmslawe sal nie hoef te steel vir dwelms nie, wel, hel hulle sal hulle self afskryf en ek praat uit ondervinding, veral Kokaine en Heroine en ander Opiate nee die ouens dink nie lekker nie. Nee ek is eerlik die ouens wil maar seker hê ons moet baie kinders en swak mense doodmaak want hulle ken nie dwelms en die gevaar van dwelms nie. Ons moet eerder staats instansies soos Greefswaldt en ander inrigtings oprig en die jong mense daar inboender en opneuk totdat hulle kan besef hulle vernietig nie net hulle self nie maar ook hulle ouers en almal om hulle.
Net vir oulaas oor dwelms, dwelms soek meer van ‘n mens en hoe meer hy vat hoe meer moet jy vat om dieselfde vlak van ‘n “high” te bereik, net meer en meer en so sal dit alles vat, dwelms neem die werklikheid van jou af weg en laat jou in ‘n onwerklike realitiet bly en die werkliheid word jou vyand, want later kan jy dit nie meer hanteer nie. Dan soek jy meer en meer totdat dit alles gevat het dan maak dit jou dood, hoe kan enige regdenkende mens dit goedkeur, geen person wat dwelms ken sal vir hulle stem nie, net die drug addicts en die legalize Marijuana groepe sal vir hulle stem. Die meeste mense ken dwelms, weet hy is ‘n moordenaar en ‘n dief, niemand wat reg denkend is sal dit goedkeur nie. Dan moet ons maar ‘n veldtog begin om mense meer te vertel, dalk moet hulle VOICES FOR ADDICTS lees, dalk moet ons hierdie op die voorbland of introduction skryf want hulle weet nie wat hulle doen nie maar ons kan hulle wragtig ook nie net vergewe nie want hulle wil moor.
Ek hoop die skrywe maak sin want ek kan nie glo dat mense so dink nie, kyk net bv na iemand wat twee of drie keer ‘n dag swaar dwelms gebruik, veral as hulle dit verniet kan kry, laat ‘n dr. so ‘n persoon ondersoek en ek belowe jou, so ‘n persoon skryf homself binne ‘n paar weke af, jou liggaam en brein sal dit nie hou nie. Sien die artikel oor Heroin se effek, ek dink nie hulle is lekker nie of hulle het een of ander siek agenda. Daar is veral in die Kaapse omgewing een baie groot probleem as dit gebeur, die bendes se inkomste gaan afgesny wees en hulle sal nie ophou bestaan nie, gewelds misdade soos bank inbrake, en besighede sal geplunder word om op te maak vir hulle geld verlies aan inkomste, ons kan ‘n lys maak van al die chaos wat hulle gaan skep om te bly bestaan en hulle sal want hulle is al vandag ‘n deel van die samelewing.




2 Kommentare

  • morne du preez

    Al die dwelm verwante misdaad sal verminder ja dit is waar en 'n mens moet na die voor en nadele kyk in konteks met dwelms en verslaafdes, maar in Nederland het hul dwelm verbruikers in 'n jong ouderdom met 90% gedaal binne twee jaar nadat hulle dit gewettig het dit is nou oukies van die ouderdom van 9 jaar en op. Met wettiging kom ook instansies wat 'n verslaafde by 'n kliniek kan spreuk as hy sy "fix" wil kry bv. deur hom voor of na sy "fix" te beraadpleeg en dit is waar ek glo verandering kan plaasvind want onwettig weet mens nie wie dwelm verbruikers is nie maar wettiglik kan daar 'n databasis geskep word. Kyk bv. nou met die inperking hoe wettiglike drinkers geplunder het vir hul "sopie" en wat van talle jong dames wat hulle lywe aan dwelm smouse verkwansel vir hul high, verkragting a.g.v dwelms sal dit ook nie verminder nie, hoe gaan 'n meisie in toesig in 'n staatskliniek verkrag word(ek sê nie dit is nie onmoontlik nie maar...). veral in gevalle waar meisies gedwelm word sonder hul wete. Ek gee maar net my opinie.

  • Koos Elsum

    Ek verstaan die emosie wat hier weerspieel word. Die keuses wat mense maak is heellaas nie beheerbaar deur wettig of nie maar dit help om kennis beskikbaar te stel, dit is waar die energie moet wees nie in wetgewing en staat beheer ens want dit werk doodeenvoudig nie. Ek sal ook voorstel dat Johan sy publikasie lees voordat die plaas knoppie gedruk word, paar taal / spel foute wat impak vd skrywe verlaag, net my opinie

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak