Nabetragting
Hier waar ek nou so hoog geleerd is veronderstel deur al die grys Hoe goed oorleg was my begeertes as ek terugkyk op my reis ? Hoeveel daarvan was bloot voortvarend wat ondeurdagte hoop verskans ? In werklikheid dalk onrusbarend in onvolmaaktheid saamgeflans Ek wonder soms ná sparteljare van wik en weeg in diepnag-ure Was […]
Die persentasie predikasie
Die hoofman oor honderd se sweep het geklap en laat my kwaai sukkel om sy somme te snap Hy nooi honderd siele ; kom toer saam met my maar daar’s net drie perde ; die res moet maar bly Hy kom net vir dié op ‘n sekere vlak Hy tel homself in, kwalifiseer met gemak […]
Fiets Brieke
die wind aanslag lig arm en nek hare as remme gly skeef skeef die stylte af. in kruisings vloei besige verkeer robotte flik flik reëls is geys. ń vriendelike kom kuier gou groet verander robot strate in groen sinjale.
Sondagaand
Hier sit ek weer ná nog ‘n naweek in my aangename maar oorontginde eie geselskap Môre kyk ek die nuwe week se wêreld in die oë asof ek vir hom gereed is Asof my tenk tot oorloop volgetap is met betekenisvolle saamwees van refleksie van uiting gee van vreugdes en laste deel van liefde gee […]
Kersligkuier
Die ootmoed van die middeljaaruur spog nie meer om die braaivleisvuur Voorspelbare klagtes oor die politiek los ons vir die benoude kliek Maar sug tog as die Bokke brou Waar is ons Danie Gerber nou ? Ons koester nog die romantiek die wonderwêreld van musiek die voorreg om nog te kan werk die relevansie van […]
Maandans
Die volmaan kaats goud teen ‘n nagblou hemelsfeer waarin ʼn storm broei ‘n Gemsbokkoei kalf tussen rooikoperduine waar die tsammas rank en ‘n witgat wortel skiet in die Kalahari sand Voetspore sirkel om ‘n kampvuur in die veld waar die Khoisan dans *Haikoe-Tanka-Haikoe: Maandans, (vir dankbetuiging).
Voor jou naglied taan
Bekoor my met die sekelmaan wyl jy die ou ramkietjie speel; voor jou naglied se deuntjie taan, bekoor my met die sekelmaan. Op Reënboogbaai vêr hiervandaan as jy my hart op slag wil steel; bekoor my met die sekelmaan wyl jy die ou ramkietjie speel.
Waar ons vlinders fuif
Waar ons vlinders bandeloos fuif, vlieg minute in swerms verby terwyl ons verbete baklei om die sterfuur opsy te skuif; voor dit sout in die wonde vryf wat heimwee beendiep in ons sny; waar ons vlinders bandeloos fuif, vlieg minute in swerms verby. Soos sekondes die tyd aandryf en dageinde die oorhand kry, voel ék […]