Jongste aktiwiteit:

Kersligkuier

Die ootmoed van die middeljaaruur
spog nie meer om die braaivleisvuur
Voorspelbare klagtes oor die politiek
los ons vir die benoude kliek
Maar sug tog as die Bokke brou
Waar is ons Danie Gerber nou ?

Ons koester nog die romantiek
die wonderwêreld van musiek
die voorreg om nog te kan werk
die relevansie van die kerk

Die kring vernou met skemerlig
Tonge raak swaar van hartsgewig
Donker vergeet van als oorbodig
Die siel moet bieg : ek het jou nodig
Kerslig kom smelt ons kors soos was
Saamwees maak harte los en vas




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed