Jongste aktiwiteit:

Sondagaand

Hier sit ek weer
ná nog ‘n naweek
in my aangename
maar oorontginde
eie geselskap

Môre kyk ek die nuwe week se wêreld in die oë
asof ek vir hom gereed is
Asof my tenk tot oorloop volgetap is
met betekenisvolle saamwees
van refleksie
van uiting gee
van vreugdes en laste deel
van liefde gee en ontvang

Alleen is ek
Asof die Sondagaand nie triestig genoeg is nie
Asof die wind nie rusteloos
en ouerloos genoeg
om die hoeke tier nie

Hoeveel nóg sulke aande ?

ná naweke van besig bly
met verdienstelike sake
of solo-belangstellings
of stimulerende radio-praatjies

Terwyl die grysmeter tik . . . . .




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed