
Maandans
Die volmaan kaats goud
teen ‘n nagblou hemelsfeer
waarin ʼn storm broei
‘n Gemsbokkoei kalf
tussen rooikoperduine
waar die tsammas rank
en ‘n witgat wortel skiet
in die Kalahari sand
Voetspore sirkel
om ‘n kampvuur in die veld
waar die Khoisan dans
*Haikoe-Tanka-Haikoe: Maandans, (vir dankbetuiging).
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek