Jongste aktiwiteit:

Die persentasie predikasie

Die hoofman oor honderd se sweep het geklap
en laat my kwaai sukkel om sy somme te snap
Hy nooi honderd siele ; kom toer saam met my
maar daar’s net drie perde ; die res moet maar bly

Hy kom net vir dié op ‘n sekere vlak
Hy tel homself in, kwalifiseer met gemak
Hy waarsku die drie ; dis jóú skuld as jy faal
Die leeu vang die agteros buite die kraal

Maar sy som tel nie op nie, hy mis dit geheel
Selfs facebook ontgeld dit ; net drie sal dit deel
Net tien sal dit lees ; net hulle met grade
Net één siel verdien eksklusiewe genade

Die boodskap deur die eeue se groot kulminasie
trek ‘n bloedrooie streep deur die wrang predikasie
Hy soek nie volmaaktes ; die stukkendes júís
Daar’s nie kamers wat leegstaan in Vader se huis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed