Siks
ons almal gis oor die lewe oor kanse, kerk en politiek hoe om kinders (reg) groot te maak en wat belangrik is vir elke saak ons wroeg van soggens tot saans speel skeidsregter en duiwelsadvokaat hou ons alwetend en vernaam en plaas graag op ander die blaam ons leen ons ore uit vir skindery sing […]
Slagting van die sagmoediges
Witkruise geslaan oor dorwe verbrandegrond ‘n hartlam vir die slagting koebaai tiekkie koebaai; wie tel jou trane? Wolf het hom in sy skaapklere beklee hy blêr as nés ‘n skaap hy sê sy pels-so wit vir jou sal hy ook bid Hy neem ‘n lam vir die slagting môre sal jy hom nimmer vind weg […]
In ‘n neutedop
My hart voel leeg my woorde hol; kurkdroog en verdor soos ‘n leë neutedop. Vol leemtes en gate sielsverlate en ek net ‘n mens uitgeworpe aan die droë druppels ink wat aan die punt van my pen versteen … soos liefde vir iemand wat eens jou heelal was, maar vandag in die holte van ‘n […]
g(Doebaai)
. vanoggend is my gedagtes by die baie manne wat ver van die huis hul heenkome moes kry na jare se bosoorlog bloed en pyn kon hul net goebaai of doebaai . my duin weergalm van golwe wat dreun mooi sagte reën het geval die wind het die wolke nou verder binnelands geskuif die suid-oos […]
Dis Verkeerd
branders kabbel warm sag teen rots. water vroetel vrugtig sag om anemoon. salpeter water proe hard op tong. geen uitvaar in dié lewe vandag.
Duur Konfyt
van blommetjie tot vrug soet uit bitter sap. gepluk geskil lank gestoof in suiker stroop. gelabel gebling staan soldaat op winkel rak. gekonfyt sit sy goud versuiker in ń bottel.
heling
. teen die helling van my duin staan ek en staar oor die kalm see ver oor die horison steek maste uit nou en dan blaas die mishoring so asof iemand hartseer is . laasnag se sagte druppels het weereens gekom soos manna wat die veld opnuut kom heel het nuwe groen blare spruit reeds […]