g(Doebaai)
.
vanoggend
is my gedagtes
by die baie manne
wat ver van die huis
hul heenkome moes kry
na jare se bosoorlog
bloed en pyn
kon hul net
goebaai
of doebaai
.
my duin weergalm
van golwe wat dreun
mooi sagte reën het geval
die wind het die wolke nou
verder binnelands geskuif
die suid-oos kaap wen
mag hierdie sagte
genade ook hul
hulle wat ver
is bereik
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.