Songroet (Goud)
daar is soveel mooi in jou koebaai met jou terugkeer net hier om die draai en dis die kleure van jou nagsêblos wat in die stories van my slaap kom blaai Andries Fourie (Seirdna) 12.07.2022
Laaste asem (Goud)
dieselfde mond wat skertsend smaal oor dood of druppend hoop op nog ‘n stukkie brood sal hortend-hygend hangend op ‘n tyd ‘n laaste asem oor droë lippe stoot Andries Fourie (Seirdna) 13.07.2022
Droombeeld
Ek mymer oor jou waar jou rok sleep in stof talryk soos seesand jy kan niks sien nie maar toe ek wakker word laat ek jou lewe in die goudpleetblare van herfs met my seisoengerigte gedigte. © Zebulon Kochk
NEE! vir ʼn nuwe naam.
NEE! vir ʼn nuwe naam. Nathi Mthethwa kom toe mos op 10 Maart 2022 met sy briljante idee vorendag: die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se naam moet verander word: ononderhandelbaar! So reken meneer Mthethwa dat die Afrikaanse Taalmonument “ ’n groot deel van die Paarl, waar die monument en museum geleë is, en omliggende gebiede […]
VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
laaste tree (SILWER)
laaste tree in die sagte stil skemerjare van jou oudword as mens leef jy dikwels met groot versugting en een groot wens en as jy met heimwee verlangend terugblik oor jou lewe kom die besef: straks sal jy jou laaste tree gee oor dié grens ©Marlene Erasmus 20/07/2022
die ander soort moord (SILWER)
die ander soort moord stilstuipe is die sagter weergawe van mishandeling daar is geen fisieke tekens, maar jy is die banneling en gegewe dié realiteit van die manier van moord waarom sal jy bly en deel wil wees van die marteling? ©Marlene Erasmus 20/07/2022
Eenheid in verskeidenheid (497 woorde)
Eenheid in verskeidenheid Die hele debakel rondom die verandering van die naam van die Afrikaanse Taalmonument (ATM) krap nou al ‘n geruime tyd hier aan my binneste – soos die spreekwoordelike klippie in jou skoen. Eers wanneer jy gaan stil staan en jou voet uit die skoen wikkel en die lastige klippie uitskud, kan jy […]