Vertrek Vertraag
dis oggend donker tasse staan gepak wag vir optel na vertrek punt karre kruip spits verkeer oppad teen sonop na vertrek punt deure waai oop mense, tasse val haastig in toue oppad na vertrek punt elektronika rits oop jou bestaan te beaam ontsluit die toelating na vertrek punt meganiese stem roep straler in ys vasgevang […]
Kortverhaalskrywers! Luister asseblief
Beste INKers As jy daarvan hou om jou stem in kortverhale te laat geld, wil ek jou uitnooi om asseblief tyd uit te koop en na die skakel te luister. Dit is Daneel van der Walt wat Hendie Grobbelaar se kortverhaal, “Die rooi tekkies” voorlees. Dit is voorwaar ‘n fees om daarna te luister en […]
Huiswerk Verwarring
die huiswerk het by skool gebly onaangeraak in die bank lê die baaslose taak ongedaan die vrae onbeantwoord die somme eindig in = die stories dryf ongeskryf werk is ń mors van my rook tyd werkloosheid is mos goedkoper, ala ekonomie op ń hoër graad vermy die snelweg wat spoed na werkplek stotter voort op […]
Seën (Silwer)
reëndruppels wat op my wange beland is soos teer soene van ‘n hemelhand as ek my oë sluit en intens luister hoor ek serafs hou ons liefde instand. © Zebulon Kochk Zebbiekaans
Kampvegters vir Afrikaans (569 woorde)
Vanmelewe was daar nog altyd voorlopers wat dit hulle werk maak om te waak oor sake na aan die hart. Mense wat erns maak om dit waarin hulle glo, uit te bou en seker te maak dit gewig dra. Daar is verskeie organisasies wat hulle daarvoor beywer, en alhoewel almal op die einde dieselfde doelwitte […]
Verlange (Silwer)
Nou tors my siel oor jou seerkry verlies sukkel op papier om woorde te kies die vurige verlange te versag te hunker na iets mooi en nostalgies. © Zebulon Kochk
“Die sagte wat ons het, die taal”. (Silwer)- 268 woorde
Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat ons taal, Afrikaans tot nadeel kritiseer. Verwysend na die oorweging om die “Afrikaanse Taalmonument” te hernoem. Die museum is dan juis opgebou op die fondasie van Afrikaans en bied van toekatyd insiggewende byeenkomste vir Afrikaanse Taalliefhebbers wat groot belangstelling in ons taal toon. Om […]
Reëndruppelseën
Daar’s geen droë oog in my Godshuis nie net ‘n juigkreet van engele wat dans op hemelmusiek soos die maan in die naglugruim sirkelloop om die see wat sy garing afrol tot by die kus. ©Zebulon Kochk Zebbiekaans.
My taal – my trots (Silwer – 597 woorde)
Dis die jaar 2022. Middel van die winter. Ek sit knus toegewikkel in my gehekelde poncho en wag dat die vergadering begin. Dis nou al geruime tyd dat die media oorheers word deur taalteenstrydighede wat gemoedere hoog laat loop. AfriForum het dit goedgedink om hierdie vergadering te belê sodat almal wat ‘n sê het, hul […]