Laat logika seëvier (Silwer – 244 woorde)
Ek verstaan regtig nie hoe party mense dink en redeneer nie. My logika sê vir my, dat wanneer daar ‘n monument vir ‘n spesifieke taal opgerig word, soos die Taalmonument vir Afrikaans, dat die monument se naam vanselfsprekend “Die Afrikaanse Taalmonument” sal heet. Hoe is dit dan nou logies om so ‘n monument se naam […]
‘n wit hond byt
– “bitter is die gal van ‘n hond wat die hand byt wat hom voed” – wanneer dit goed gaan, is almal vriendelik wanneer dit begin sleg gaan raak almal kwaad wanneer die vloekwoorde wit teen die mure begin sit begin hond op hond jag maak om homself te voed – wanneer wit nie meer […]
Steeds pragtig
Sag skyn die sterre in die donker nag Jou hart begin van vreugde glimlag Is dit ooit genoeg om dankbaarheid te beskryf? Net jammer ons is vasgevang in die aardse swaartekrag
Data Verfyn
data deur jare geoes gebottel as herkoude woorde verfyn soos wyn verifikasie is van minder belang ń mooi bottel gesig verdoesel enige wanbalanse feite dubbelblind geevalueer alleen proe reg in vino veritas
ONTDUISTERING (BRONS)
ONTDUISTERING Wat is dit dan waarna ons almal soek? Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek. Antwoorde wil ons so desperaat hê: op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek. Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie? Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie wat jou trane dep tot jy asemskep? Bestuur die Groot […]
Pêrels vir die swyne (Silwer)
Wie sal eendag die gelag moet betaal, omdat ons die swyne doofstom onthaal; wyl hulle óns reënboog se kleure steel en die son – korrup – met weemoed vervaal?
Hoëveldgedagtes (brons)
Toe dit herfs word was ek joune onbevrees met hart, liggaam en gees hoe sou ek ooit kon raai jou liefde sou soos kosmos, seisoensgebonde wees? ©️ Elize Kruger 10 Julie 2022
Drome in murasies
Suid-Afrika is ‘n sterk nasie Rotsvas gebou op ‘n stewige fondasie Dis hier waar ek bly, oud word en eendag gaan sterwe Al lyk jou mure soos verbrokkelende murasies
sonneblom (brons)
sonneblom sy is ‘n vrolike sonneblom wat lentetyd langs die rivier opkom en regop en fier daar staan met haar gesig altyd na die son
‘n Beter lewe (Silwer)
Moedeloosheid kortwiek geleenthede temper die wil om vooruit te strewe maak beter keuses en goeie vriende dan blink hoop weer vir ‘n beter lewe. ©Driekie Grobler