Ai tog (Silwer)
Jan het gaan wandel in die donker woud daar waar onheil broei en harte verkoud. Toe sien hy San dans in evasgewaad, nou worstel hy met gedagtes vol stout. ©Driekie Grobler
Langs die wapad
Waarom, al die oorspronklike geskiedenis laat vergaan Dit staan soos ‘n aandblom, onder die maan Waar die verlede nog kan droom, sonder bloed Kan ontwaak, met ‘n hart so sag
Sing, Bliksem sing! (Silwer)
Al dra ‘n aap ‘n kroon, én goue ring, bly hy steeds ‘n nare – geslepe ding; wat liewer sy tyd in ledigheid slyt, wyl hy ewe verwaand sy lof besing. * Foto: Olieverfskildery: Royal Monkey deur Donald Roller Wilson 1976
Geduld, o Geduld
Brons. Geduld “Is jy gereed vir die ‘tweede-pouse-treitering’?” vra Kate toe Magdel langs haar neersak. Die nuwe hoof wat drie maande gelede by die skool begin het, het dié tradisie begin. Elke Maandag, gedurende tweede pouse, het hy ʼn inspirerende boodskappie vir die personeel – “om julle moraal hoog te hou, mensies”. Die eerste […]
ek pateet
– my binneste verbrand in bewustelike skuld gevoel beskaamd staan ek voor die troon dekades van verrotting en blaam vreet my kern wese en bestaan tot sinnelose geraamte en tog.. is daar die advokaat wat juridies daar staan wat duidelike voorspraak vir my die pateet maak my telkens vermaan en ook vertroos Hy die parakleet […]
Mei 2022 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
INK Mei 2022 Kommentaar en uitslae Baie geluk aan hierdie 11 lede!! GOUD. 1ste- No 25. Caren Kearley met Binne seisoen 2de – No 24. Caren Kearley met Leonard se song 3de – No 23 Andries Fourie (Seirdna) met Wegkyker SILWER. 1ste – No 27. Marlene Erasmus met Vreesloos haweloos 2de – No 34. Loretta […]
Julie 2022 – Wat skryf ek projek
Beste INKers In die Julie projek gaan elke afdeling sy eie unieke opdrag hê, lees daarom mooi om die verkose opdrag na te kom. Gaan lees asseblief die skrywe onder die titel “Wat skryf ek?” wat deur die Ink Moderator in Junie maand geplaas is. DIGTERS: 1. Skryf ‘n Persiese kwatryn. 2. Geen spesifieke tema […]
Kunstenaar Bedien
jou verfhand ontsluit uitgebrande grasveld as tot groen weiveld jy gooi momente op wit seildoeke, as kleur gedagte beelde jou ryk gemoed bedien ń kaleidoskoop, as vrye kleure onbetaald