Jongste aktiwiteit:

Laat logika seëvier (Silwer – 244 woorde)

Ek verstaan regtig nie hoe party mense dink en redeneer nie. My logika sê vir my, dat wanneer daar ‘n monument vir ‘n spesifieke taal opgerig word, soos die Taalmonument vir Afrikaans, dat die monument se naam vanselfsprekend “Die Afrikaanse Taalmonument” sal heet. Hoe is dit dan nou logies om so ‘n monument se naam te wil verander? Verander na wat nogal?
Duidelik stem my logika nie ooreen met almal se siening daaroor nie. As mens fyn tussen die lyne lees oor die kontroversie wat daaroor ontstaan het, dan wonder ek baie sterk of dit nie hier maar bloot oor politiek gaan nie.
Daar is mense wat alles wat ruik, smaak en klink na “Boer”, waarvan die Afrikaanse taal ook mee vereenselwig word, tot niet wil maak en verban.
Afrikaans is en was nooit eksklusief ‘n blanke taal nie. Dis ‘n taal wat sy regmatige plek in ons land en samelewing gevind het en mense (oor kleurgrense heen) wat dit praat, is trots daarop. ‘n Taal wat onomwonde gekoppel word aan die museum wat spesiaal daarvoor opgerig is, jare gelede.
My mening is dus: As julle verveeld is en wil karring aan goed wat vir ons belangrik is, gaan karring liewer op ‘n ander plek met iets anders en los ons taal en ons Taalmonument uit. Dit het nog nooit gepla nie, waarom nou wil ongelukkigheid en verdeeldheid veroorsaak deur ‘n naam, wat al geslagte lank kom, te wil verander?
©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed