Latest Activity:

“Die sagte wat ons het, die taal”. (Silwer)- 268 woorde

Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat ons taal, Afrikaans tot nadeel kritiseer. Verwysend na die oorweging om die “Afrikaanse Taalmonument” te hernoem. Die museum is dan juis opgebou op die fondasie van Afrikaans en bied van toekatyd insiggewende byeenkomste vir Afrikaanse Taalliefhebbers wat groot belangstelling in ons taal toon. Om die naam te verander sal nie goed wees nie. Dit sal ons net meer trane laat pik oor die verkragting daarvan en van ons taal self.
Jare terug toe die eerste saadjie geplant was vir Afrikaans het kunstenaars daarna gestreef om die pad te bied vir ons taallief tweeduisend-genenerasie sodat ons met rooskleurige lense na die taal kan kyk. Vandag is daar ‘n volstrekte meerheid van kustenaars (bruin, swart en kleurlinge wat uitstyg met en deur ons taal. Afrikaans is nie ‘n blanke taal nie en was nog nooit nie. Die siening daarop is vaag en chliché-rig. Afrikaans gee ons dan juis magiese poorte om in verbinding te kom met die witvolk wat die taal goed ken en by hul te leer oor Afrikaans.
So my mening: Moet nie krap aan ons Taalmonument nie. Dit is ‘n plek waar Afrikaans lewe en van krag tot krag gaan. Dit is eie aan ons taal en sy oortuigende kampvegters van oor die jare en nou en sal nog jare verder blom vir generasies wat kom, want ons taal is die beste taal ooit

“Die sagte wat ons het, die taal
bestaan solank ons asemhaal”.

Ons taal sal en mag nooit sterf nie, maar verewig voortleef in ons pragtige Afrikaanse Taalmonument en land.

Eerste poging as meningstukprobeerder




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post