Afrikaans is ʼn lewendige, vernuwende taal!
Afrikaans is ʼn lewendige, vernuwende taal! Ek stem heelhartig saam met die stelling dat Afrikaans ʼn lewendige, vernuwende taal is. Ons moet histories kyk hoe die taal ontwikkel het oor die jare. Afrikaans is ʼn lewendige taal wat homself gedurigdeur transformeer. Van die vroeë ontstaansjare het Afrikaans uit verskillende dialekte ontwikkel. Alhoewel die variëteite al […]
vet
– van die vet van ons land lewe julle nou al vir twee dekades die wit beendere steek oral uit meeste van die sagte vleis reeds daarmee heen – eeue se bouwerk verniet met groot gierigheid opgevreet selfs aasvoëls het nie aas nie geraamte hang droog in die wêreld wind – aanstons kom die maerte […]
Eenkleurreënboog
Wanneer my gedagte huiwer om van my jou te vergeet sal ons Skepper deur Sy skilderwerk ‘n eenkleurreënboog as sonstreep op seevel trek wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop van helder hoop. © Zebbie
as
– uit die as van my verlede rys daar vurige oorlogswolke suile van hoogte punte en laagte punte tye van swaarkry tye van vreugde en lag tye waarin my hede bepaal is – sal my kinders se toekoms ook wolke van hul verlede vertoon suile van hoogte punte en laagte punte tye van swaarkry tye […]
Woordstring
Met die vaste geloof van God wil ek ons liefde string woorde inryg na jou hart my alfabet laat soetklink met verse vatbaar vir indruk. © Zebulon Kochk #zebbiekaans
Storm
Uit ‘n grou stratuswolk aan my hemel se blou giet ‘n potgooi herinnerings aan my en jou nêrens ‘n skuilplek waarheen ek kon vlug toe dit voel ek verdrink in die reën van onthou ©️Elize Kruger 23 Julie 2022
hemelblom (silwer)
uit blomsaad ontkiem sy o so lenteskoondiep somerskitterlag waar vreugare wortelskiet kroonblomgesig tot blaarvalseisoen maar papierdroogblom toe swartryp oë sterverskiet Elizabeth
‘n seeskulpverhaal (silwer)
o kyk die grote waters die skone winterwind het ‘n blouoogseekind gevind in seeskulpfraai kombers toegedraai koudskelet ‘n (ver)leëweeskind