Jongste aktiwiteit:

2022(Bladsy 51)

die vars bries kring rook geurig in die blou lug oor ń mark kinders ry in sirkels deurdie labirint ń vals trein fluit op sy sirkel pad in die handels paradys lag aanbieders alles is te kry behalwe nie geld goed om ń hoek trane oor ń wang tussen die midas hutte ń verlore kind

Spoor Uitgestrek oor vlakte heen in sand geklee in rooi en roes tussen gemsbokspoor en klipknoets rus geelgras winkend waar wilde perde wei bekendheid uit vervloëndheid s-y-p-e-l langsaam terug op die maat van ‘n stoomtrein stik hy sy spoor in lyn en heg die sye van ‘n hart met elke tjoeke-paf heel. ©marikavanheerden

oues in tehuise met hoë sorg veiligheid is vasgevang in eensaamheid jonges in moderne komplekse gerief en werk is gevou in seriliteit mensdom in eenvormige Youtube blibbs* is verblind tot ń lewelose bestaan * Youtube is die handelsnaam van ń kuberruimte webruimte waarop videos gedeel word deur individue en media instansies.

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed