Pa-wees: Die onmisbare rol van ‘n vader in ‘n kind se lewe (Goud)
‘n Vader se teenwoordigheid in ‘n kind se lewe speel ‘n onbetwisbare rol in sy of haar algehele ontwikkeling en welstand. Hierdie bydrae is nie net beperk tot die fisiese teenwoordigheid van ‘n manlike figuur nie, maar strek oor na die emosionele, sosiale en kognitiewe dimensies van ‘n kind se lewe. Tyd en aanwesigheid: Een […]
DIT WAS GOED (met dank aan TT CLOETE )
DIT WAS GOED (Met dank aan TT CLOETE) Ek het die leë jogurtbakkies met water gevul met malvablomme, met laventeltakkies, kappertjies geel en laggend oranje, met kers- en tjokkabootliggies tafel gedek. Ek het die langsteelglas met mooiste servet vir wyn Chapel Red die tafel met skaapboud en slaaie bedek. En dit was goed. Baie goed. […]
ROU
ROU Dit was die grys oom wat krom geloop het, dubbelgevou oor die kierie gebuig, die verkalkte dik tone die sag van sy lag wat my onverhoeds vang oor die wasbak gebuig. En die trane saam met die hare-was-water ongesiens verdwyn tot later. Susan van Rensburg 30/01/2024
ek onthou alles van jou (silwer)
ek onthou alles van jou dit was ’n soel aand in Oktober met die maan sekel en flou die lug was dik van lente sterre het geblink vir my én jou tog het ons belowe en gehuil verduidelik, gepleit en gepraat voor ons was ’n kruispad en die stiltes het langer geraak ek was oud […]
Misvatvingers (Goud)
deur sy misvatvingers het die skryfsels deurgeval soos skimme se gesigte in gelid in jaar in gelid in tal vanuit sy meesterskap-konkoksies loeiend teen die bloedsondal wapper daar ‘n halfmas vlag oor die onskulddood van iemand deur sy skroeipen neergevel hy is stuwend hy is wind hy bid hom aan soos skynwit lint en op […]
Modderoë (Goud)
hy’s in verset teen haar alleendors koud teen haar klipfonteine in haar bitterwaterwêreld sonder hom sy liggie skyn vergeteflou in sy sonversaakte vakuum verbete soos ‘n herfsvergane blom sy vredes tuimel halsoorkop soos ‘n veertjie in die wind swymelend ligswewend sonder sin in die halflig reik sy roephande soos rankende laat skadu’s om sy liefde […]
As ek kon (Goud)
as ek kon sou ek vir jou die wolke voor die son wegskuif en jou eensaamheid die dieptes van die oseaan indryf ek sou jou hartseer vang en aan ‘n vlinderbos ophang waar dit sal uitdroog in die son en met die winterbries heengaan ek sou vir jou ‘n nagtegaal uit die oewerbos loop haal […]
teïsme vs deïsme
dig ek vir my ‘n beeld ‘n beeld soos ‘n goue kalf soos ek alleen my god wil sien verloën ek daarmee God se krag waarmee Hy brakwater in soetwater selfs water in wyn verander het eien ek myself die reg toe aan Hom toe te dig, dit wat ek wil Hy moet wees om […]
Sinneloos
Sinneloos Gedagtes grawe en grou in groewe van grysstof sinne stoei soekend na ‘n afslaanbof paragrawe ploeter en plons in krippe woorde broei en stoei met begrippe versvoete voeter heen en weer en op en af los en vas sommer verspot en laf idees skarrel en skaaf sonder stop koppie doppie klap karring en klop […]
vrede
donker diepte van malmansgat onder in laagste duister kolke dit is waar jy soms verkeer daar bloei jy oor en oor uit dieselfde wonde stywe loodreg krans om daar uit te klim is erg dikwels val jy terug en ween oorwin jy, danksy Hom alleen ©Teárlach.