ROU
ROU
Dit was die grys oom
wat krom geloop
het, dubbelgevou
oor die kierie gebuig,
die verkalkte dik tone
die sag
van sy lag
wat my onverhoeds vang
oor die wasbak gebuig.
En die trane
saam met die hare-was-water
ongesiens
verdwyn
tot later.
Susan van Rensburg
30/01/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 – OOP projek