Jongste aktiwiteit:

SKAAKMAT

SKAAKMAT

Die Dame het die Koning onttroon
van hom minagtend haar pion gemaak
strategies buit sy haar stukke
in tydbeheer van sluwe middelspel nukke
met trane en verwyte skuif sy in magspel
die pion tot geïsoleerde menswees
verward en gekniehalter
op ‘n pioneiland van kragspel

Juig sy oor haar eie kroning
verhewe bo die gevalle koning
‘n dooie gees wat met palmwyn
en speserye, gemeng met Natron
gebuig is tot dorre nie bestaan

oorspeel sy haar hand
in ‘n alleenspel in hokke
van wit en swart blokke
sonder koning, kasteel
of mooi rokke

skaakmat karma die
dans van mammon gode
in die stad van die dode
Necropolis




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed